Die Verslae-duimgids word gebruik om toegang tot alle Verslae, Gebruikerverslae, Sigblad verslae en verslae in die Grootboekontleder 1 / Grootboekontleder 2 en T-Rekeninge te verkry en te druk en selfs uit te voer en in 'n Sigblad oop te maak. Dit word ook gebruik om om Begrotings te verwerk en te analiseer toegang tot die Drukker-opstelling. 

Knoppies 5, 4, 3, 2 en 1 onderaan die verslag - is kortpad-sleutels na die laaste toegang tot T-Rekeninge-opsies of Pivot-opsies (Draai-tabel-opsies). Hierdie kortpaaie sal nie beskikbaar wees nie wanneer jy aktiewe vorms toemaak, of wanneer jy die Stel Boeke oopmaak.

Bykomend tot die Drukker en die Budgets opsies, word die verslae in (7) opsies gegroepeer, en is soos volg: 

  1. Verslae (kieslys) - Kys die verslaye in die volgende groepe: 
    1. Grootboek - Bykomend tot die verslae in die Grootboekontleder 1 / 2, kan jy die verslae beskikbaar om rekeninge in die grootboek te bestuur druk, (d.i. Begroting vs werklike (3 periodes) , Lys (Tabel van rekeninge) en verslae van Transaksies)  
    2. Debiteure - Jy kan Debiteurstate vir jou debiteure (kliënte / klante), Lys - Lyste van kontakte, debiteure, afleweringsadresse, posadresse, details, BTW- en onderneming registrasienommers. 'n Kredietkontrolelys (kredietlimiete vs huidige balanse soos op), Druk etikette vir pos- afleweringsadresse en verslae vir Transaksies druk om rekeninge in die debiteure grootboek te bestuur.
    3. Krediteure - Die volgende verslae is beskikbaar : Jy kan Betalingsadviese vir jou krediteure (verskaffers), Lyste van kontakte, krediteure, afleweringsadresse, posadresse, details, BTW- en onderneming registrasienommers. 'n Kredietkontrolelys (kredietlimiete vs huidige balanse soos op), Druk etikette  vir pos- afleweringsadresse en verslae vir Transaksies druk om rekeninge in die krediteure grootboek te bestuur.
    4. Kontakte - Druk 'n lys van alle kontakte. 
    5. Kalender - Jy kan 'n verslag vir alle of enige kategorieë afsprake (d.i. Afspraak, Debiteurafspraak, Krediteurafspraak en / of Ure) wat in die kalender geskeduleer is of was (behalwe die “Wederkerende fakture” en die “Skep fakture” opsies), vir geselekteerde periodes of datum(s) druk.
    6. Joernale - Die Joernaaltransaksies per periode verslag lys alle transaksies wat in spesifieke joernale en dokumente vir geselekteerde periodes of datum(s) geposteer is.
    7. Dokumente - Druk lyste vir geselekteerde dokumenttipes (d.i. fakture, kwotasies, kredietnotas, aankope, bestellings of verskafferretoere). 
    8. BTW - Indien jy vir BTW geregistreer is, behoort die verslag vroegtydig gedruk en nagegaan te word sodat jy die spertyd van jou BTW opgawe sal haal.
    9. Verkope - Verskeie verslae is beskikbaar om elk van die verkoopsdokumente (d.i. fakture, kredietnotas en kwotasies) te druk. Die verslae vir Fakture, is Debiteure – Debiteur – Verkope per periode – Hoeveelhede, Verkope – Verkope per periode – Hoeveelhede en Verkope per periode – Omset en Items - Items per periode. 
    10. Verkoopsontleding - Jy kan verslae vir vyf (5) verslaggroepe (d.w.s. Debiteuregroep 1, Debiteuregroep 2, Dokumentgroep 1, Dokumentgroep 2 en Verkoopspersone) vir verkoopsdokumente (d.w.s. kwotasies, fakture en kredietnotas) druk. Jy kan ook verkope per produk vir Voorraadgroep 1 of Voorraadgroep 2 verslae vir verkoopsdokumente druk.
    11. Aankope - Verskeie verslae is beskikbaar om elk van die aankoopdokumente (d.i. aankope, bestellings en verskafferretoere) te druk. Die verslae vir Aankope, is Krediteure – Krediteur – Aankope per periode – Hoeveelhede, Aankope – Aankope per periode – Hoeveelhede en Aankope per periode – Kosprys en Items - Items per periode. 
    12. Aankoopontleding -  Jy kan verslae vir vyf (5) verslaggroepe (d.w.s. Krediteuregroep 1, Krediteuregroep 2, Dokumentgroep 1, Dokumentgroep 2 en Verkoopspersone) vir aankoopdokumente (d.w.s. bestellings, aankope en verskafferretoere) druk. Jy kan ook aankope per produk vir Voorraadgroep 1 of Voorraadgroep 2 verslae vir aankoopdokumente druk.
    13. Opstel onderneming - Jy kan die besonderhede van die bankrekeninge of die jou besigheid (onderneneming) se boodskappe op dokumente en rekeningstate asook koste van verkope-instellings druk.
    14. Wisselkoerse -  Wanneer jy multi-geldeenheid dokumente verwerk (d.w.s. Fakture, Kredietnotas en Kwotasies vir debiteure (kliënte / klante) of Aankope, Verskafferretoere en Bestellings vir krediteure (verskaffers) kan jy die wisselkoerse kies. Jy kan 'n lys van die "Wisselkoerse" druk ( bygevoeg / geredigeer in die Opstel → Wisselkoerse-kieslys op die Opstel-duimgids).
    15. Inprop – Prysooreenkoms en Plek-Serie-Bondel is inprop-programme.
    16. Punt-van -verkope - "Sales and Receipt reports for the plugin point-of-sale systems (if you purchased and use the HorecaPOS or RetailPOS point-of-sale systems)".
  2. Gebruikerverslae - Lys enige verslae wat in die ontwerp proses is. Gebruikers kan ook hul eie pasgemaakte verslae in die “...\ plug_ins \ reports \ userreports” omslag plaas.

Jy kan die Verslagontwerper op die Opstel-duimgids gebruik om uitleglêers vir dokumente en verslae te skep en te wysig. Gebruikers kan hul eie verslae byvoeg in Gebruikerverslae. 

  • Gebruikerverslae word in die  ...\plug_ins\reports\userreports gids gestoor.
  • Dokument uitleglêers word in die  ...\plug_ins\reports\DOCUMENTS\DOCUMENTS gids gestoor.
  1. Sigblad verslae
  2. Grootboekontleder 1 - Daar is ses (6) verslagtipes, (d.i. Proefbalans, Inkomstestaat, Balansstaat, Standaard kolombalanse, Begroting vs werklike en Huidige jaar vs vorige jaar) wat gedruk en na sigblad (“spreadsheets”) uitgevoer kan word. Bykomend tot die bogenoemde ses (6) verslagtipes, is daar nog ses (6) Kolombalanse verslagtipes wat slegs na sigblad (“spreadsheets”) uitgevoer kan word. 

Uitvoer-knoppie vir alle verslagtipes op Grootboekontleder 1 / Grootboekontleder 2 - Jy kan die uitvoerlêer stoor as tekslêers (*.txt) (verstek lêertipe); of as CSV-lêers (*.csv) (Comma Separated Values) lêertipe. Dit sal outomaties die uitgevoerde lêer oopmaak (begin) in die program wat met die geselekteerde lêertipe geassosieer word:

  • Tekslêers bv. (Export.txt) - Dit behoort outomaties die uitgevoerde tekslêer van jou stelsel se verstek tekslêer-toepassing oop te maak wat geassosieer word met tekslêertipe (*.txt) lêertipes (bv. Notepad, ens.). Jy moet die uitgevoerde tekslêer toemaak en jou sigblad-toepassing begin. Maak die tekslêer in jou sigblad-toepassing oop om die "Teks Inlees"-opsies te begin. 
  • CSV lêers bv. (Export.csv) - Dit behoort outomaties die "Teks Inlees"-opsies van jou stelsel se verstek sigblad-toepassing oop te maak wat geassosieer word met Comma Separated Value-lêertipe (*.csv) lêertipes (bv. Microsoft Excel, LibreOffice, Apache OpenOffice,Ultra Office, ens.).  Jy sal dalk die "Skeidingsimbool Opsies - Geskei deur" op die "Teks Inlees"-skerm op "Tabblad" moet stel.
  1. Grootboekontleder 2 - Dieselfde verslae is beskikbaar as vir die Grootboekontleder 1, maar dit gee jou 'n ander opsie om te genereer te druk of uit te voer. Jy kan verskillende opsies vir verslae genereer.
  2. Ouderdomsontleding - Bekyk en kies opsies vir die Ouderdomsontleding verslag op die skerm en druk dit op die Verslae-duimgids of op die Oopitem koppel - Verskuldig-oortjie (Verstek-duimgids).
  3. T-Rekeninge - Ontleed en druk transaksies vir spesifieke rekeninge, ens. Jy kan ook die transaksies in T-Rekeninge na 'n sigblad uitvoer.

Kolombalanse - Verslagtipes in die Grootboekontleder 1 / Grootboekontleder 2 - Die kolombalanse-verslagtipes sal die transaksies van rekeninge vir elke tydperk van Verlede jaar en Hierdie jaar in 'n sigblad-formaat lys. Jy kan 'n rekening kies en dubbelklik op enige tydperk. Jy kan die T-Rekeninge skerm inisieer met 'n lys van al die transaksies vir die geselekteerde tydperk ontleed, druk en uitvoer.  

Die kolombalanse-verslagtipes kan nie gedruk word nie en kan slegs na 'n sigblad (bv. Microsoft Excel, LibreOffice, Apache OpenOffice, Ultra Office, ens.) uitgevoer word.

Die kolombalanse-verslagtipes kan slegs in die rekeningkode volgorde gelys word. 

Bykomend tot die ses (6) verslagtipes, (d.i. Proefbalans, Inkomstestaat, Balansstaat, Standaard kolombalanse, Begroting vs werklike en Huidige jaar vs vorige jaar) wat gedruk en na sigblad (“spreadsheets”) uitgevoer kan word, is daar nog ses (6) verslagtipes wat slegs na sigblad (“spreadsheets”) uitgevoer kan word. Die Kolombalanse verslagtipes is; 

  1. Kolombalanse - Lys die totale (balanse) van alle grootboek rekeninge in kolomme soos in 'n sigblad (“spreadsheet”). Dié verslagtipe kan slegs in die rekeningkode volgorde gelys word. 
  2. Kolombalanse - Debiteure - Lys die totale (balanse) van alle debiteure (kliënte / klante) se rekeninge in kolomme soos in 'n sigblad (“spreadsheet”). Dié verslagtipe kan slegs in die rekeningkode volgorde gelys word.
  3. Kolombalanse - Krediteure - Lys die totale (balanse) van alle krediteure (verskaffers) se rekeninge in kolomme soos in 'n sigblad (“spreadsheet”). Dié verslagtipe kan slegs in die rekeningkode volgorde gelys word. 
  4. Kolombalanse D/K - Lys die totale (debiet / krediet) van alle grootboek rekeninge in kolomme soos in 'n sigblad (“spreadsheet”). Dié verslagtipe kan slegs in die rekeningkode volgorde gelys word. 
  5. Kolombalanse - Debiteure D/K - Lys die totale (debiet / krediet) van alle debiteure (kliënte / klante) se rekeninge in kolomme soos in 'n sigblad (“spreadsheet”). Dié verslagtipe kan slegs in die rekeningkode volgorde gelys word. 
  6. Kolombalanse - Krediteure D/K - Lys die totale (debiet / krediet) van alle krediteure (verskaffers) se rekeninge in kolomme soos in 'n sigblad (“spreadsheet”). 
  1. Drukker - Stel en konfigureer die drukkers op jou stelsel.
  2. Budgets - Jy kan jou begrotingsyfers verwerk, "Begrotingsyfers van die vorige jaar" of van "Werklike syfers van die vorige jaar" kopieer. Jy kan die begrotingsyfers in die Pivot-funksie (Draai-tabel) bekyk, filter en ontleed.

Dit is bykomend tot die standaard opsie om begrotings te verwerk in Opstel → Rekeninge (Opstel-duimgids).