Grootboekontleder- Kolombalanse - Sigblad
Die kolombalanse-verslagtipes sal die transaksies van rekeninge vir elke tydperk van Verlede jaar en Hierdie jaar in 'n sigblad-formaat lys. Jy kan 'n rekening kies en dubbelklik op enige tydperk. Jy kan die T-Rekeninge skerm inisieer met 'n lys van al die transaksies vir die geselekteerde tydperk.
Die kolombalanse-verslagtipes kan nie gedruk word nie en kan slegs na 'n sigblad (bv. Microsoft Excel, LibreOffice, Apache OpenOffice, Ultra Office, ens.) uitgevoer word.
Die kolombalanse-verslagtipes kan slegs in die rekeningkode volgorde gelys word.
Die volgende ses (6) kolombalanse-verslagtipes is beskikbaar:
- Kolombalanse - Lys die totale (balanse) van alle grootboekrekeninge in kolomme soos in 'n sigblad. Dit is die grootboekrekeninge wat in die Proefbalans gerapporteer word (dit sluit beide die rekeninge in wat in die Inkomstestaat en Balansstaat gerapporteer word).
- Kolombalanse - Debiteure - Lys die totale (balanse) van alle debiteure (kliënte / klante) se rekeninge in kolomme soos in 'n sigblad. Die totaal van hierdie rekeninge word in die Debiteurekontrole rekening op die Proefbalans en die Balansstaat gerapporteer.
- Kolombalanse - Krediteure - Lys die totale (balanse) van alle krediteure (verskaffers) se rekeninge in kolomme soos in 'n sigblad. Die totaal van hierdie rekeninge word in die Krediteurekontrole rekening op die Proefbalans en die Balansstaat gerapporteer.
- Kolombalanse D/K - Lys die totale (debiet / krediet) van alle grootboekrekeninge in kolomme soos in 'n sigblad. Dit is die grootboekrekeninge wat in die Proefbalans gerapporteer word (dit sluit beide die rekeninge in wat in die Inkomstestaat en Balansstaat gerapporteer word).
- Kolombalanse - Debiteure D/K - Lys die totale (debiet / krediet) van alle debiteure (kliënte / klante) se rekeninge in kolomme soos in 'n sigblad. Die totaal van hierdie rekeninge word in die Debiteurekontrole rekening op die Proefbalans en die Balansstaat gerapporteer.
- Kolombalanse - Krediteure D/K - Lys die totale (debiet / krediet) van alle krediteure (verskaffers) se rekeninge in kolomme soos in 'n sigblad. Die totaal van hierdie rekeninge word in die Krediteurekontrole rekening op die Proefbalans en die Balansstaat gerapporteer.
|
|
Jy kan op enige van die kolombalanse uitvoer verslagtipes, op 'n bedrag dubbel-kliek. Dit sal die transaksies, vir die spesifieke periode, in die T-Rekeninge skerm vertoon. Jy kan die transaksies vir die spesifieke periode in die T-Rekeninge verslag druk en na 'n sigblad uitvoer. |
|
|
Jy kan op 'n rekening en/of in 'n spesifieke tydperk dubbel-klik om die transaksiebesonderhede in die T-Rekeninge te lys en te sien. Jy kan die transaksies druk. Jy kan ook op die Uitvoer-knoppie van die T-Rekeninge klik om die transaksies na 'n sigblad uit te voer. Jy kan kies om die uitvoerlêer as tekslêers (*.txt) (verstek lêertipe) te stoor; of as CSV-lêers (*.csv) (Comma Separated Values) lêertipe. Dit sal outomaties die uitgevoerde lêer oopmaak (begin) in die program wat met die geselekteerde lêertipe geassosieer word:
|

