Die volgende twee betalingsadviese is beskikbaar vir krediteure (verskaffers): 

  • Krediteure betalingsadviese -  Dié  sal alle transaksies lys. Die betalingsadvies sal alle transaksies druk. Dit gebruik nie die Oopitem-koppelings nie.
  • Krediteure betalingsadviese - Uitstaande - Hierdie betalingsadvies sal slegs die uitstaande transaksies druk. Transaksies (bv. fakture, ens. Transaksies wat in die Oopitem-funksionaliteit gekoppel is, sal nie gelys word nie).

Alvorens jy betalingsadviese vir jou krediteure (verskaffers) druk, maak seker dat:

  • Die betalingsadvies boodskappe korrek is.
  • Dat daar geen uitstaande transaksies wat nie in  in Oopitem prosessering gekoppel moet word nie.

Om 'n spesifieke boodskap in te sleutel wat op 'n spesifieke krediteur se betalingsadviese gedruk sal word:

  1. Op die Verstek-duimgids, kies Krediteure (F5).
  2. Kies die krediteur (verskaffer) se rekening.
  3. Op die Afleweringsadres-oortjie, sleutel 'n boodskap (tot 3 reëls) in. 
  4. Kliek op die Stoor- of Goed-knoppie.