Lys enige verslae wat in die ontwerp proses is. Gebruikers kan ook hul eie pasgemaakte verslae in die “...\ plug_ins \ reports \ userreports” omslag plaas.

Die volgende gebruikerverslae is tans beskikbaar:

  1. Custom reports – Dit is pasgemaakte verslae vir verkope en aankope.
    1. 2cred-sku-det - Lys die dokumente vir aankope en verskafferretoere vir 'n geselekteerde krediteur (verskaffer).  
    2. 2deb-sku-det - Lys die fakture en kredietnotas vir 'n geselekteerde debiteur (kliënt).
  2. BTW - Lys die BTW-kodes (BTW rekeningtipes met die BTW-koerse wat op in die Opstel → Rekeninge (Opstel-duimgids) ingesleutel / gewysig is.
  3. Debiteure
    1. Ouderdomsontleding -  Verskeie ouderdomsontleding verslae ("Balanse detail, Balanse detail (oopitem)" en "Balanse")  kan gedruk word om die uitstaande bedrae wat jou debiteure (kliënte / klante) aan jou verskuldig is, in gespesifiseerde periodes, byvoorbeeld in 30, 60 en 90 dae, of meer, te ontleed. Hierdie verslae is belangrik vir kontantvloei- en kredietbeheer. Jy kan dit gebruik om debiteure se rekeningstate en aanmanings aan jou debiteure (kliënte / klante) te stuur. 
    2. Uitstaande -  “Verskuldig datum” en “Debiteure uitstaande op datum” verslae. Indien 'n debiteur (kliënt / klant) se rekening as 'n "Oopitem rekening" op die Rekeninginligting-oortjie (Debiteure op die Verstek-duimgids) gestel is, sal slegs die uitstaande transaksies en transaksies met uitstaande bedrae vertoon. Enige krediet bedrae wat nie aan debiet transaksies gekoppel is nie, moet in die Oopitem koppel (Verstek-duimgids) geprosesseer word. 
  4. Krediteure -  
    1. Ouderdomsontleding - Verskeie ouderdomsontleding verslae ("Balanse detail, Balanse detail (oopitem)" en "Balanse")  kan gedruk word om die uitstaande bedrae wat jy aan krediteure (verskaffers) verskuldig is, in gespesifiseerde periodes, byvoorbeeld in 30, 60 en 90 dae, of meer, te ontleed. Hierdie verslae is belangrik vir kontantvloei- en kredietbeheer. Jy kan dit gebruik om jou betalings aan krediteure (verskaffers) te skeduleer en betalingsadviese aan jou krediteure (verskaffers) te stuur. 
    2. Uitstaande - “Verskuldig datum” en “Krediteure uitstaande op datum” verslae. Indien 'n krediteure (verskaffers) se rekening as 'n "Oopitem rekening" op die Rekeninginligting-oortjie (Krediteure op die Verstek-duimgids) gestel is, sal slegs die uitstaande transaksies en transaksies met uitstaande bedrae vertoon. Enige krediet bedrae wat nie aan debiet transaksies gekoppel is nie, moet in die Oopitem koppel (Verstek-duimgids) geprosesseer word. 
  5. Grafieke
    1. Grafieke per week
      1. Grootboek - Die "Grafiek - Wins / verlies per week" - Vertoon die netto wins en / of verlies per week in 'n staafgrafiek.
      2. Debiteure -  Die “Grafiek - Debiteure per week” - Vertoon die totale van fakture en debiettransaksies, kredietnotas en krediettransaksies per week in 'n staafgrafiek. Dit vertoon ook die totale van dié transaksies asook die verskil.
      3. Krediteure - Die “Grafiek - Krediteure per week” - Vertoon die totale van aankope en krediettransaksies, verskafferretoere en debiettransaksies per week in 'n staafgrafiek. Dit vertoon ook die totale van dié transaksies asook die verskil.
      4. Verkope
      1. Aankope
    1. Grafieke per maand
      1. Grootboek - Die "Grafiek - Wins / verlies per maand" - Vertoon die netto wins en / of verlies per maand in 'n staafgrafiek.
      1. Debiteure -  Die “Grafiek - Debiteure per maand” - Vertoon die totale van fakture en debiettransaksies, kredietnotas en krediettransaksies per maand in 'n staafgrafiek. Dit vertoon ook die totale van dié transaksies asook die verskil.
      2. Krediteure - Die “Grafiek - Krediteure per maand” - Vertoon die totale van aankope en krediettransaksies, verskafferretoere en debiettransaksies per maand in 'n staafgrafiek. Dit vertoon ook die totale van dié transaksies asook die verskil.
      3. Verkope
      1. Aankope
  1. Tutorial reports -  Dié verslae bevat die basiese beginsels en konsepte om verslae in die Verslagontwerper te skep en te redigeer.