Ondernemings inligting (Verslae-kieslys)
Die volgende twee (2) verslae is vir die Onderneming (Stel Boeke) beskikbaar:
- Bankrekeninge – Lys die bankbesonderhede (vir tot twee (2) bankrekeninge) soos wat in die Opstel onderneming (Opstel-duimgids) ingesleutel of geredigeer is. Die bankbesonderhede van Bankrekening 1 sal op alle debiteur rekeningstate (Verslae → Debiteure → Debiteurstate (Verslag-duimgids)) gedruk word.
- Inligting - Lys die onderneming se kontakbesonderhede, dokument opskrifte en boodskappe vir elke dokumenttipe. asook die Rekeningstaatboodskap wat op alle rekeningstate vir debiteure gedruk sal word (Opstel dokumente (Opstel-duimgids)). Dit vertoon ook die verkoopprys 1 / 2 / 3 se beskrywings asook die Koste van verkope se konfigurasie.
Om die onderneming se Bankrekeninge besonderhede of Inligting te druk:
- Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Opstel onderneming.
- "Bankrekeninge" is die verstek opsie.Jy kan ook "Inligting" kies

- Kliek Goed.
Bankrekeninge
'n Voorbeeld van die "Bankrekeninge" verslag, is soos volg:

Jy kan ook die volgende insleutel, indien hierdie tipe bankrekeninge gebruik:
SWIFT - (Society for Worldwide Interbank Financial Telecommunication)
IBAN - (International Bank Account Number)
BIC - (Bank Identifier Code)
Inligting
'n Voorbeeld van die "Inligting" verslag, is soos volg:

Die besonderhede, is soos volg:
- Dokument opskrifte en boodskappe (tot drie (3) reëls) soos wat in die Opstel dokumente (Opstel-duimgids) ingesleutel of geredigeer is vir elk van die verkoopsdokumente (fakture, kredietnotas en kwotasies) asook aankoopdokumente (aankope, verskafferretoere en bestellings). Hierdie inligting sal op alle dokumente druk.
- Globale rekeningstaat boodskap (tot drie (3) reëls) soos wat in die Rekeningstate opstel-duimgids van die Opstel onderneming (Opstel-duimgids) ingesleutel of geredigeer is. Dié boodskap sal as 'n standaardboodskap op alle rekeningstate vir alle debiteurrekeninge gedruk word. (Verslae → Debiteure – Uitstaande (Verslag-duimgids)). Hierdie boodskap is addisioneel tot die vier (4) reëls wat vir die individuele debiteure (kliënte / klante) op die Afleweringsadres-oortjie ingesleutel of geredigeer is.
- Verkoopprys beskrywings - Die beskrywings wat vir Verkoopprys 1, Verkoopprys 2 en Verkoopprys 3 soos wat in die “Verkoopprys beskrywings” velde (Voorraadinligting (Opstel-duimgids) ingesleutel of geredigeer is.
- Koste van Verkope –
- Skep koste van verkope -
- Ja - Koste van verkope is geaktiveer.
- Nee - Koste van verkope is nie geaktiveer nie.
- Gemiddelde koste -
- Ja – Gemiddelde Koste van verkope is geaktiveer.
- Nee - Nuutste koste van verkope is geaktiveer.