Kolombalanse - Debiet/Krediet
Lys die totale (debiet / krediet) van alle grootboekrekeninge in kolomme soos in 'n sigblad. Dit is die grootboekrekeninge wat in die Proefbalans gerapporteer word (dit sluit beide die rekeninge in wat in die Inkomstestaat en Balansstaat gerapporteer word).
Die kolombalanse-verslagtipes kan nie gedruk word nie, maar kan slegs na 'n sigblad (bv. Microsoft Excel, Apache OpenOffice, LibreOffice, Ultra Office, ens.) uitgevoer word.
|
|
Jy kan 'n rekening kies en dubbel-klik op 'n spesifieke tydperk om die transaksies in die T-Rekeninge te lys en te sien. Jy kan die transaksies druk of uitvoer. |
|
|
Hierdie sigblad sluit slegs joernale en dokumente in wat geposteer (na die grootboek opgedateer) is in. Ongeposteerde joernale en dokumente sal NIE by hierdie sigblad ingesluit word nie. Om 'n lys van ongeposteerde joernale en dokumente te sien, wat nie na die grootboek opgedateer is nie, gaan na Invoer → Soek vir ongeposteerde items (Verstek-duimgids). |
Voorbeeld : Kolombalanse - D/K
Die Kolombalanse - D/K verslagtipe - Lys die totale (debiet / krediet) van alle grootboekrekeninge in kolomme soos in 'n sigblad. Dit is die grootboekrekeninge wat in die Proefbalans gerapporteer word (dit sluit beide die rekeninge in wat in die Inkomstestaat en Balansstaat gerapporteer word).

|
|
Knoppies 6, 5, 4, 3, 2 en 1 onderaan die verslag - is kortpad-sleutels na die laaste toegang tot T-Rekeninge-opsies of Pivot-opsies (Draai-tabel-opsies). Hierdie kortpaaie sal nie beskikbaar wees nie wanneer jy aktiewe vorms toemaak, of wanneer jy die Stel Boeke oopmaak. |
|
|
"Pivot" - Draai-tabelle - Bekyk, filter en ontleed dié sigblad op die skerm, bekyk grafieke, pas datastelle en tipes grafieke aan. |
|
|
Zoem in / Zoem out + / - knoppies kan die verslae (d.w.s. Proefbalans, Balansstaat en Inkomstestaat) op die skerm te verander (vergroot / verklein). Dit is nie vir die Kolombalanse-verslagtipes geïmplementeer nie. Wanneer jy hierdie Kolombalanse-verslagtipes na 'n Sigblad uitvoer, kan jy die zoem-opsies van jou sigblad-toepassing gebruik. |
|
|
As die "Ignoreer nulbalanse"-veld gekies (gemerk) is; dit sal slegs daardie rekeninge met balanse lys. As die "Ignoreer nulbalanse"-veld nie gekies (nie gemerk nie) is nie; dit sal alle rekeninge met saldo's sowel as nulbalanse lys. |
|
|
Hierdie verslagtipe sal alle Algemene grootboekrekeninge (insluitend Onaktiewe rekeninge) volgens rekeningkode lys. |
Die kolomme, is soos volg:
- Opening verlede jaar - Die totale van die openingsbalanse van die vorige jaar.
- Verlede jaar periodes 1 tot 12 - Dit is verlede jaar periodes - gewoonlik 1 tot 12 (afhangende van die aantal periodes en beskrywings wat gespesifiseer en ingevoer is in Opstel → Finansiële periodes (Opstel-duimgids). Die totale van transaksies wat in joernale en dokumente in die vorige jaar na die grootboek opgedateer (geposteer) is.
- Periode Totaal - Totaal vir elke periode (Periodes 1 -12).
- Einde verlede jaar ("End last year") - Die totaal vir verlede jaar openingsbalanse en die totale vir elke periode (Periodes 1 -12).
- Openingsbalanse hierdie jaar - Dit behoort dieselfde te wees as die totale vir laas jaar.
- Periode Totaal - Totale vir elke periode (Periodes 13 -25). Dit is die huidige finansiële jaar periodes - gewoonlik 13 tot 25 (afhangende van die aantal periodes en beskrywings wat gespesifiseer en ingevoer is in Opstel → Finansiële periodes (Opstel-duimgids). Die totale van transaksies wat in joernale en dokumente in die huidige finansiële jaar na die grootboek opgedateer (geposteer) is.
- Einde huidige jaar ("End this year") - Totaal vir hierdie jaar openingsbalanse en die totale vir elke periode (Periodes 13 -25).
Sigblad voorbeeld : Kolombalanse - D/K
Jy kan die Kolombalanse - D/K verslagtipe na 'Tekslêers bv. (Export.txt) - Dit behoort outomaties die uitgevoerde tekslêer van jou stelsel se verstek tekslêer-toepassing oop te maak wat geassosieer word met tekslêertipe (*.txt) lêertipes (bv. Notablok, ens.). Jy moet die uitgevoerde tekslêer toemaak en jou sigblad-toepassing begin. Maak die tekslêer in jou sigblad-toepassing oop om die "Teks Inlees"-opsies te begin.
|
|
CSV lêers bv. (Export.csv) - Comma Separated Value-lêertipe (*.csv) lêertipe is ook beskikbaar. |
Om die Kolombalanse - D/K na 'n sigblad uit te voer:
- Klik op die Uitvoer-knoppie.

- Kies die gids waarin jy die lêer wil stoor en voer 'n lêernaam in.
|
|
As jy nie die Export.txt-lêernaam insleutel en stoor nie, kan jy bestaande (voorheen uitgevoer) lêers oorskryf. As 'n bestaande uitvoerlêer oopgemaak is, en jy probeer om 'n uitvoerlêer met dieselfde naam te stoor, sal 'n soortgelyke fout-boodskap as die volgende vertoon word: "Cannot create file "D:\UITVOER\Export.txt". The process cannot access the file because it is being used by another process." |
- Kies die tipe lêer. Tekslêers "Text files" (*.txt) is die verstek; of kies CSV-lêers (*.csv) (Comma Separated Values).
|
|
|
- Klik op die Save-knoppie. Dit sal die uitgevoerde lêer outomaties oopmaak (begin) in die program wat met die geselekteerde lêertipe geassosieer word. In hierdie voorbeeld word die uitgevoerde "Export.txt"-lêer outomaties in "Microsoft Excel" oopgemaak:

Kolombalanse - D/K - Transaksies in T-Rekeninge
In hierdie voorbeeld is die T-Rekeninge-skerm geïnisieer deur op die maand (rekeningkundige tydperk) "Junie" in die "G700000 Debiteurekontrole"-rekening te dubbel-klik:

|
|
"Show contra" Wys kontra - By verstek is hierdie opsie nie gekies nie. As die Wys kontra gekies is, sal dit die kontra-rekening se rekeningkode en beskrywing voor die joernaal-ID (joernaalnommer) invoeg (byvoeg). Die Kontra-rekeninge sal nie op die T-Rekeninge ("ledgerdetail")-verslag gedruk word nie; maar sal ingesluit word in die Uitvoer-lêer wanneer jy op die Uitvoer-knoppie van die T-Rekeninge-skerm klik. |
Druk transaksies in T-Rekeninge
Klik op die Druk-knoppie om die keuse in die T-Rekeninge te druk.

Uitvoer transaksies in T-Rekeninge
Jy kan die T-Rekeninge wat vanuit die Kolombalanse verslagtipe geïnisieer is, na 'Tekslêers bv. (Export.txt) - Dit behoort outomaties die uitgevoerde tekslêer van jou stelsel se verstek tekslêer-toepassing oop te maak wat geassosieer word met tekslêertipe (*.txt) lêertipes (bv. Notablok, ens.). Jy moet die uitgevoerde tekslêer toemaak en jou sigblad-toepassing begin. Maak die tekslêer in jou sigblad-toepassing oop om die "Teks Inlees"-opsies te begin.
|
|
CSV lêers bv. (Export.csv) - Comma Separated Value-lêertipe (*.csv) lêertipe is ook beskikbaar. |
Om die T-Rekeninge na 'n sigblad uit te voer: