Krediteure - Druk etikette (Verslae-kieslys)
Druk etikette vir pos- en afleweringsadresse.
Krediteure - Etikette opsies
Om etikette vir krediteure te druk:
- Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Debiteure → Lys.
- Kies "Etikette vir Afleweringsadresse" (verstek) of "Etikette vir Posadresse".

- Kies die volgende:
- Vanaf rekening ... Tot rekening - Kies die rekening(e).
- Volgorde - Kies "Krediteurkode" Beskrywing, Adres 3" (derde adres reël) of "Poskode".
- Verslaggroep 1 - Jy kan een of meer verslaggroepe kies. Slegs die krediteure wat aan 'n geselekteerde verslaggroep(e) gekoppel is, sal gelys word.
- Kliek Goed.
Gedruk : Krediteure - Afleweringsadres etikette
'n Voorbeeld van die "Etikette vir Afleweringsadresse", is soos volg:

Gedruk : Krediteure - Posadres etikette
'n Voorbeeld van die "Etikette vir Posadresse", is soos volg:
|
|
Kontak : Die naam van die kontakpersoon sal slegs vertoon word, indien die kontak in die Kontakpersoon-veld van die krediteur se rekening gekoppel (gekies) is. |

