Op die Verskuldig-oortjie kan jy die opsies gebruik om 'n verslag vir ouderdomsontleding op skerm te genereer en die “Ouderdomsontleding” verslag te druk. Jy kan kies om die verslag slegs vir “Grootboek, Debiteur" of "Krediteur" tipe rekeninge te genereer en / of te druk. 

Die Verskuldig-oortjie sal alle transaksies lys vir alle oopitem-rekeninge (d.w.s. grootboek, debiteure en krediteure), wat as oopitem-rekeninge gestel is. Die transaksie of uitstaande transaksie bedrae word in kolomme bygevoeg op grond van die aantal dae (0-29 dae, 30-59 dae, 60-89 dae en +90 dae). Jy kan die verslag vir 'n geselekteerde datum-opsies bekyk en genereer: 

Datum van ontleding - Kies die datum of sperdatum opsie. Die verstek is "Datum van ontleding" is die "Huidige datum" (wat die datum van jou bedryfstelsel is). Hierdie verslag sal alle uitstaande transaksies van slegs die oop item rekeninge insluit, vir geselekteerde rekening-tipes. 

Datum van ontleding - Kies 'n spesifieke datum van ontleding om in die verslag in te sluit. Hierdie verslag sal alle uitstaande transaksies van alle rekeninge insluit, insluitend daardie nie-oop item rekeninge, vir geselekteerde rekeningtipes.

Jy kan die Verskuldig-oortjie, in hierdie voorbeeld, as 'n alleenstaande skerm inisieer deur die Ouderdomsontleding ikoon op die Verslae-duimgids te kies.

In hierdie voorbeeld, is slegs twee (2)  rekeninge vir debiteure, (d.i. “AB Green” en “Mike Davies”) en twee (2) rekeninge vir krediteure (d.i. “ABC-Kantooruitrusters” en “A-1 Verskaffers”), as “Oopitem” op die “Rekeninginligting"-oortjie gestel.


Huidige datum (Stelseldatum) as Datum van Ontleding

In hierdie voorbeeld, is slegs die “Debiteur” tipe rekening gekies. 

Die “Datum” opsie is in die “Datum van ontleding” opsies, gekies. Die “Datum van ontleding” is as “Huidige datum” (stelseldatum), gelaat. 

Kliek op die Verslag knoppie om die verslag te genereer. 

 Slegs die rekeninge van die debiteure wat as “Oopitem” tipe gestel is, sal gelys word. 

Kliek op die Druk knoppie om die “Ouderdomsontleding” verslag te druk.

Die uitstaande bedrag van elke transaksie, sal per rekening, in die uitstaande periodes (d.i. 0-29, 30-59, 60-89 dae en meer as 90 dae, gelys word.

Slegs dié transaksies met uitstaande bedrae sal gelys word.  

In Mnr. AB Green se geval, sal faktuur FAK003 asook die Deposito van 2,000.00 nie gelys word nie. 

Slegs die uitstaande bedrag van 300.00 vir faktuur FAK001 sal gelys word.  

(Faktuurbedrag 1,150.00 minus 850.00 as gedeeltelike betaling = 300.00).

Kies Datum van ontleding 

Indien die “Datum van ontleding” gekies is, sal die rekeninge wat nie as “Oopitem” getel is nie (“Balans oorgedra” rekeninge),  ook by die verslag ingesluit word. 

Kies “Debiteur” rekeningtipe.  

Kies die “Datum van ontleding”.

Kliek op die Verslag knoppie om die verslag te genereer. 

Kliek op die Druk knoppie om die “Ouderdomsontleding” verslag te druk.

Die “Balans oorgedra” rekeninge (d.i. Mnr. Roger Smith en MAC Decor Spesialiste), wat nie as “Oopitem” tipe rekeninge gestel is nie, word ook by dié verslag ingesluit. 

Die beskrywings van die transaksies is nie beskikbaar nie, en word as “Korreksie uitstaande transaksie COR” vertoon. Alle rekeninge vir die geselekteerde tipe rekeninge word gelys en dit behoort die totaal van die uitstaande bedrae, van alle rekeninge, te reflekteer.