Grootboekontleder- Proefbalans
Die Proefbalans is 'n eenvoudige lys van die debiet- en kredietrekeningsaldo's in die algemene grootboek. 'n Proefbalans kan te eniger tyd gegenereer word sodra die transaksies na die grootboekrekeninge oorgeboek is. Dit kontroleer die rekenkundige akkuraatheid van die dubbelinskrywing rekeningkundige stelsel soos op 'n spesifieke datum. Die totaal van al die debietsaldo's moet gelyk wees aan die totaal van kredietsaldo's.
Die Proefbalans sal al die debiet- en kredietsaldo's van al die Rekeninge (Inkomste, Uitgawes, Bates, Kapitaal en Laste) vervat in 'n Stel Boeke vir 'n geselekteerde tydperk, of soos op 'n gespesifiseerde tydperk, lys. osFinancials5 stoor al jou rekeningsaldo's vir tot twee finansiële jare. Jy kan te eniger tyd 'n Proefbalans genereer vir enige rekeningkundige tydperk vir die huidige (Hierdie Jaar) en die vorige finansiële jaar (Verlede Jaar), mits jy transaksies na die grootboekrekeninge oorgeboek het (opgedateer).
Tipes proefbalanse
Die volgende Proefbalanse kan gedurende die stadiums in die rekeningkundige siklus gegenereer word:
- Voor-aansuiwerings Proefbalans - Die debiet- en kredietbalanse word gelys voordat enige aansuiwerings in die rekeninge gemaak word. Die rekeninge wat op dié proefbalans vertoon word, sluit alle debiet en kredietbalanse van die Bate-, Laste- en Kapitaal- (Eienaarsbelang) asook die Inkomste- en Uitgawerekeninge in. Hierdie proefbalans kan te eniger tyd gedurende die normale rekeningkundige siklus gegenereer word, en sluit alle normale transaksies in bondels en dokumente in wat na die grootboek opgedateer of geposteer is, in. Dit kan ook enige regstellings van foute wat gedurende die jaar reggestel is, insluit.
- Na-aansuiwerings Proefbalans - Die debiet- en kredietbalanse word gelys nadat enige aansuiwerings in die rekeninge gemaak word. Hierdie aansuiwerings, kan onder andere die afkeuring van private uitgawes, ens. insluit. Indien jy jaareind aansuiwerings doen (waarvolgens daar op die toevallingsbeginsel die kostes, uitgawes, en inkomstes na die korrekte rekeningkundige periodes toegedeel moet word), ens., sal hierdie aansuiwerings ook in die balanse ingesluit wees. Hierdie proefbalans word gewoonlik net voor die afsluiting van die finansiële jaar gegenereer.
- Finale Proefbalans - Die debiet- en kredietbalanse sluit die finale sluitingstransaksies in nadat die finansiële jaar in die Doen jaar-einde (Opstel-duimgids) opsie afgesluit is. Hierdie Proefbalans sal nie enige balanse vir die Inkomste- en Uitgawerekeninge vertoon nie, maar sal slegs die berekende netto Wins/Verlies in die Behoue Inkomste ("Retained Earnings") grootboekrekening. Alle nominale rekeninge (Inkomste- en Uitgawerekeninge) sal afgesluit wees en geen balanse of saldo's sal na die nuwe finansiële jaar oorgedra word nie.
|
|
Dit sal alle grootboekrekeninge lys in die Tabel van rekeninge wat in beide die Inkomstestaat ( |
Lys alle rekeninge in die grootboek (tabel van rekeninge). Die tipes rekening is:
Inkomstestaat
Inkomste /
- Uitgawes;
Balansstaat - Dit sluit die volgende rekeningtipes in, d.w.s.:
- Bate / Laste / Kapitaal rekeninge;
Bankrekeninge.
T- BTW-rekeninge.
- Behoue inkomste rekening;
- Debiteurekontrolerekening en
- Krediteurekontrolerekening.
|
|
Hierdie verslag sluit slegs joernale en dokumente in wat geposteer (na die grootboek opgedateer) is in. Ongeposteerde joernale en dokumente sal NIE by hierdie verslag ingesluit word nie. Om 'n lys van ongeposteerde joernale en dokumente te sien, wat nie na die grootboek opgedateer is nie, gaan na Invoer → Soek vir ongeposteerde items (Verstek-duimgids). |
Proefbalans - opsies
Om 'n Proefbalans te druk:
- Op die Verslae-duimgids, kies Grootboekontleder 1 of Grootboekontleder 2.
- Die "Proefbalans" is die verstek verslagtipe.

- Per periode - Kies om 'n periode (Maand, 2 Maande, 3 Maande, 4 Maande, 6 Maande of Jaar) te kies die periodes.
|
|
Jy kan op die "Per datums"-oortjie klik. Jy kan enige datum of datums kies wat jy by die "Proefbalans" moet insluit. |
- Groepe - Die verstek-opsie is "Geen".
|
|
Jy kan een van die volgende opsies kies:
Verslaggroep 1 en 2 – Die volgorde waarin die groepe en rekeninge gelys word, kan verander word deur die Skuif op of Skuif af knoppies (Opstel → Groepe of Opstel → Rekeninge) te gebruik. |
- Ignoreer nulbalanse - As hierdie veld nie gekies is nie, sal alle rekeninge vir die Proefbalans gelys word. As jy hierdie veld kies (merk); slegs daardie rekeninge met saldo's sal by die Proefbalans ingesluit word.
- Wys Debiteure / Krediteure - Moenie kies (merk) as jy slegs die kontrolerekeninge van die debiteure (kliënte / klante) en krediteure (verskaffers) se rekeninge hoef te lys nie. Indien hierdie veld gekies (gemerk) is, sal dit die individuele debiteure (kliënte / klante) en krediteur (verskaffers) se rekeninge lys.
|
|
Die Proefbalans en Balansstaat verslagtipes laat jou toe om die "Wys Debiteure / Krediteure" opsie te kies. Dit sal die individuele debiteure (kliënte/klante) rekeningsaldo's vir die Debiteure-kontrolerekening en die individuele krediteure (verskaffers) rekeningsaldo's vir die Krediteure-kontrolerekening lys. Moenie dié opsie kies (merk) as jy slegs die kontrolerekeninge van die Debiteure- en Krediteure hoef te sien nie. 'n Voorbeeld, in die "Proefbalans" en "Balansstaat", wat die individuele debiteur (kliënt / klant) en individuele krediteur (verskaffer) rekeninge lys, is soos volg:
|
- Sluit openingbalanse in - As hierdie opsie gekies is (gemerk), sal dit die openingbalanse van daardie rekeninge wat openingbalanse het, insluit. As hierdie opsie nie gekies is nie; sal die openingbalanse sal nie by die "Proefbalans" ingesluit word nie.
- Slegs openingbalanse - Hierdie opsie sal slegs beskikbaar wees, indien die "Sluit openingsbalanse in" opsie gekies is. Jy kan hierdie opsie kies (merk) om slegs die openingbalanse in te sluit. Alle ander balanse sal dan geïgnoreer word.
- Begroting - Laat hierdie opsie leeg om die werklik geposteerde (bygewerkte) transaksies in die Proefbalans in te sluit.
|
|
Die "Begroting" opsie, indien gekies is, sal die begroting wat vir rekeninge in die Budgets opsie (Verslae-duimgids) of in die Begroting-oortjie (Opstel → Rekeninge - Opstel-duimgids) ingesleutel en / of geredigeer is, lys. |
- Kostesentrum 1 en Kostesentrum 2 - Die Kostesentrums (tot 2 Groepe) sal slegs beskikbaar wees as Kostesentrums bygevoeg is in Opstel → Groepe op die Opstel-duimgids; en indien geaktiveer.
- Klik op die Verslag-knoppie. Dit sal die Proefbalans met die geselekteerde opsies bou of verfris.
Voorbeeld : Proefbalans
'n Voorbeeld van die “Proefbalans” vir "Verslaggroep 1" op skerm, is soos volg:

|
|
Knoppies 5, 4, 3, 2 en 1 onderaan die verslag - is kortpad-sleutels na die laaste toegang tot T-Rekeninge-opsies of Pivot-opsies (Draai-tabel-opsies). Hierdie kortpaaie sal nie beskikbaar wees nie wanneer jy aktiewe vorms toemaak, of wanneer jy die Stel Boeke oopmaak. |
|
|
Jy kan een van die volgende opsies kies:
Verslaggroep 1 en 2 – Die volgorde waarin die groepe en rekeninge gelys word, kan verander word deur die Skuif op- of Skuif af-knoppies (Opstel → Groepe of Opstel → Rekeninge) te gebruik. |
Gedruk : Proefbalans
Om die Proefbalans te druk, klik op die Druk-knoppie.
'n Voorbeeld van die gedrukte “Proefbalans” vir "Verslaggroep 1", is soos volg:
Bladsy 1 -

Bladsy 2 -

|
|
Om die Proefbalans as 'n PDF-lêer te stoor: Op die "Reportman-drukvoorskou"-skerm, kies Stoor (Ctrl+S) Kies die gids (vouer) waar jy hierdie lêer moet stoor, indien nodig. Voer 'n lêernaam in. Kies die "PDF-lêer – saamgeperste" verstek lêertipe. Klik Save. |
Sigblad voorbeeld : Proefbalans
Jy kan die Proefbalans na 'Tekslêers bv. (Export.txt) - Dit behoort outomaties die uitgevoerde tekslêer van jou stelsel se verstek tekslêer-toepassing oop te maak wat geassosieer word met tekslêertipe (*.txt) lêertipes (bv. Notepad, ens.). Jy moet die uitgevoerde tekslêer toemaak en jou sigblad-toepassing begin. Maak die tekslêer in jou sigblad-toepassing oop om die "Teks Inlees"-opsies te begin.
|
|
CSV lêers bv. (Export.csv) - Comma Separated Value-lêertipe (*.csv) lêertipe is ook beskikbaar. |
Om die Proefbalans na 'n sigblad uit te voer:
- Klik op die Uitvoer-knoppie.

- Kies die gids waarin jy die lêer wil stoor en voer 'n lêernaam in.
|
|
As jy nie die Export.txt-lêernaam insleutel en stoor nie, kan jy bestaande (voorheen uitgevoer) lêers oorskryf. As 'n bestaande uitvoerlêer oopgemaak is, en jy probeer om 'n uitvoerlêer met dieselfde naam te stoor, sal 'n soortgelyke foutboodskap as die volgende vertoon word: "Cannot create file "D:\UITVOER\Export.txt". The process cannot access the file because it is being used by another process." |
- Kies die tipe lêer. Tekslêers "Text files" (*.txt) is die verstek; of kies CSV-lêers (*.csv) (Comma Separated Values).
|
|
|
- Klik op die Save-knoppie. Dit sal die uitgevoerde lêer outomaties oopmaak (begin) in die program wat met die geselekteerde lêertipe geassosieer word. In hierdie voorbeeld word die uitgevoerde "Export.txt"-lêer outomaties in "Microsoft Excel" oopgemaak:




