Verskeie verslae is op die Verslae-duimgids Verslae → Verkoopsontleding beskikbaar om elk van die verkoopsdokumente (d.i. fakture, kwotasies en kredietnotas) te druk. 

Verslaggroepe (d.i. Debiteurgroep 1, Debiteurgroep 2, Dokumentgroep 1, Dokumentgroep 2 en Verkoopspersoon) kan vir die volgende verslae gedruk word: 

  1. Kwotasies per periode – Dié verslae sal slegs die bevestigde (geposteerde) kwotasies vir 'n geselekteerde periode of datum(s) vertoon.  
  2. Kredietnotas per periode – Dié verslae sal slegs die geposteerde kredietnotas vir 'n geselekteerde periode of datum(s) vertoon. 
  3. Fakture per periode – Dié verslae sal slegs die geposteerde fakture vir 'n geselekteerde periode of datum(s) vertoon.
  4. Verkope per periode – Dié verslae sal beide die geposteerde fakture en kredietnotas vir 'n geselekteerde periode of datum(s) vertoon. 
  5. Verkope per produk - Voorraadgroep 1 en Voorraadgroep 2 word gebruik om die fakture en kredietnotas van handelsvoorraaditems (Verstek tipe voorraaditem) te ontleed.