Krediteure (Verslae-kieslys)
Die volgende verslae is beskikbaar om rekeninge in die krediteure grootboek te bestuur:
- Betalingsadvies - Betalingsadviese vir jou krediteure (verskaffers).
- Lys - Lyste van kontakte, krediteure, afleweringsadresse, posadresse, details, BTW- en onderneming registrasienommers. 'n Kredietkontrolelys (kredietlimiete vs huidige balanse soos op) sal alle krediteure se beskikbare balanse lys soos op die datum waarop die lys gedruk word.
- Druk etikette – Druk etikette vir pos- en afleweringsadresse.
- Transaksies – Druk verslae vir Transaksies, Transaksies - Oopitem, Transaksies - Standaard en Transaksies - Ekstra.