Grootboekontleder- Huidige jaar vs vorige jaar
Hierdie verslag sal die vergelykende syfers van die huidige jaar teenoor die ooreenstemmende tydperk in die vorige jaar vertoon. Jy kan ooreenstemmende tydperke se vergelykende syfers en verskille sien deur n spesifieke maand, 3 maande, 6 maande of selfs 'n jaar te kies.
|
|
Om hierdie verslag te druk moet jou stelsel se syferskeiersimbool ("Digit grouping symbol") op 'n komma gestel word en die desimale simbool ("Decimal symbol") moet as 'n punt gestel word. See - Stelsel opstelling - Nommer formaat. As hierdie instellings nie gestel is nie, sal hierdie verslag 'n fout produseer: Type conversion error 'Val':Expression TRpExpression46 Klik op jou stelsel se "Streek"-skerm op die "Addisionele instellings..."-knoppie om jou stelsel se "Pasmaak formaat" ("Customize Format")-skerm te inisieer. You may access your system's Regional settings from the Setup → Company info - Options tab Set Windows date format/style button or on the DateTime settings button on the Setup → System parameters (Setup ribbon). Jy kan toegang tot jou stelsel se "Region" skerm vanuit osFinancials5 verkry in die Opstel-duimgids:
|
|
|
Hierdie verslag sluit slegs joernale en dokumente in wat geposteer (na die grootboek opgedateer) is in. Ongeposteerde joernale en dokumente sal NIE by hierdie verslag ingesluit word nie. Om 'n lys van ongeposteerde joernale en dokumente te sien, wat nie na die grootboek opgedateer is nie, gaan na Invoer → Soek vir ongeposteerde items (Verstek-duimgids). |
Huidige jaar vs vorige jaar - opsies
Om 'n Huidige jaar vs vorige jaar verslag te druk:
- Op die Verslae-duimgids, kies Grootboekontleder 1 of Grootboekontleder 2.
- Kies die "Huidige jaar vs vorige jaar" verslagtipe.

- Per periode - Kies om 'n periode (Maand, 2 Maande, 3 Maande, 4 Maande, 6 Maande of Jaar) te kies die periodes.
|
|
Jy kan op die "Per datums"-oortjie klik. Jy kan enige datum of datums kies wat jy by die "Huidige jaar vs vorige jaar" verslag moet insluit. |
- Ignoreer nulbalanse - As hierdie veld nie gekies is nie, sal alle rekeninge gelys word. As jy hierdie veld kies (merk); slegs daardie rekeninge met saldo's sal by die Huidige jaar vs vorige jaar verslag ingesluit word.
- Sluit openingbalanse in - As hierdie opsie gekies is (gemerk), sal dit die openingbalanse van daardie rekeninge wat openingbalanse het, insluit. As hierdie opsie nie gekies is nie; sal die openingbalanse sal nie by die Huidige jaar vs vorige jaar verslag ingesluit word nie.
- Slegs openingbalanse - Hierdie opsie sal slegs beskikbaar wees, indien die "Sluit openingsbalanse in" opsie gekies is. Jy kan hierdie opsie kies (merk) om slegs die openingbalanse in te sluit. Alle ander balanse sal dan geïgnoreer word.
- Kostesentrum 1 en Kostesentrum 2 - Die Kostesentrums (tot 2 Groepe) sal slegs beskikbaar wees as Kostesentrums bygevoeg is in Opstel → Groepe op die Opstel-duimgids; en indien geaktiveer.
- Klik op die Verslag-knoppie. Dit sal die Huidige jaar vs vorige jaar verslag met die geselekteerde opsies bou of verfris.
Voorbeeld : Huidige jaar vs vorige jaar
'n Voorbeeld van die "Huidige jaar vs vorige jaar" verslag, is soos volg:

|
|
Knoppies 5, 4, 3, 2 en 1 onderaan die verslag - is kortpad-sleutels na die laaste toegang tot T-Rekeninge-opsies of Pivot-opsies (Draai-tabel-opsies). Hierdie kortpaaie sal nie beskikbaar wees nie wanneer jy aktiewe vorms toemaak, of wanneer jy die Stel Boeke oopmaak. |
Gedruk : Huidige jaar vs vorige jaar
Om die Huidige jaar vs vorige jaar verslag te druk, klik op die Druk-knoppie.

Kliek Goed.
'n Voorbeeld van die gedrukte “Huidige jaar vs vorige jaar”verslag, is soos volg:

|
|
Om die Huidige jaar vs vorige jaar verslag as 'n PDF-lêer te stoor: Op die "Reportman-drukvoorskou"-skerm, kies Stoor (Ctrl+S) Kies die gids (vouer) waar jy hierdie lêer moet stoor, indien nodig. Voer 'n lêernaam in. Kies die "PDF-lêer – saamgeperste" verstek lêertipe. Klik Save. |
Sigblad voorbeeld : Huidige jaar vs vorige jaar
Jy kan die Huidige jaar vs vorige jaar verslag na 'Tekslêers bv. (Export.txt) - Dit behoort outomaties die uitgevoerde tekslêer van jou stelsel se verstek tekslêer-toepassing oop te maak wat geassosieer word met tekslêertipe (*.txt) lêertipes (bv. Notablok, ens.). Jy moet die uitgevoerde tekslêer toemaak en jou sigblad-toepassing begin. Maak die tekslêer in jou sigblad-toepassing oop om die "Teks Inlees"-opsies te begin.
|
|
CSV lêers bv. (Export.csv) - Comma Separated Value-lêertipe (*.csv) lêertipe is ook beskikbaar. |
Om die Huidige jaar vs vorige jaar verslag na 'n sigblad uit te voer:
- Klik op die Uitvoer-knoppie.

- Kies die gids waarin jy die lêer wil stoor en voer 'n lêernaam in.
|
|
As jy nie die Export.txt-lêernaam insleutel en stoor nie, kan jy bestaande (voorheen uitgevoer) lêers oorskryf. As 'n bestaande uitvoerlêer oopgemaak is, en jy probeer om 'n uitvoerlêer met dieselfde naam te stoor, sal 'n soortgelyke fout-boodskap as die volgende vertoon word: "Cannot create file "D:\UITVOER\Export.txt". The process cannot access the file because it is being used by another process." |
- Kies die tipe lêer. Tekslêers "Text files" (*.txt) is die verstek; of kies CSV-lêers (*.csv) (Comma Separated Values).
|
|
|
- Klik op die Save-knoppie. Dit sal die uitgevoerde lêer outomaties oopmaak (begin) in die program wat met die geselekteerde lêertipe geassosieer word. In hierdie voorbeeld word die uitgevoerde "Export.txt"-lêer outomaties in "Microsoft Excel" oopgemaak:



