Verslagontwerper- "Report man" koppelvlak
Alle verslae en dokument uitleglêers word in die “...\plug_ins\reports” omslag van jou osFinancials5 installasie omslag gestoor.
Om die Verslagontwerper te inisieer:
Op die Opstel-duimgids, kies Verslagontwerper. Die Verslagontwerper "Report man" sal alle dokument uitleglêers, sigblad-verslae, gebruikerverslae en verslae in hul onderskeie omslae lys:

Die knoppies en opsies is soos volg:
- Kopieer verslag - Indien jy 'n verslag of dokument uitleglêer wil wysig of skep, kliek op die Kopieer verslag-knoppie om 'n identiese kopie van 'n geselekteerde verslag of dokument uitleglêer te redigeer of te skep. Die gekopieerde verslag se naam, sal byvoorbeeld, “Copy of TRN_73” *.rep wees. Indien dié verslag parameters het sal die *.dfm lêer ook met dieselfde naam gekopieer word.
|
|
Indien jy 'n verslag of dokument uitleglêer wil redigeer, is dit raadsaam om eers 'n kopie van die verslag of dokument uitleglêer te skep. |
|
|
Jy kan die verslag hernoem en dit na die Gebruikerverslae (Verslae-duimgids) kopieer. Jy kan jou eie omslag skep in die “...\plug_ins\reports\userreports\” omslag skep en jou verslae daarin kopieer. Jy kan hierdie verslae uit die Gebruikerverslae-kieslys op die Verslae-duimgids inisieer. Dokument uitleglêers kan nie van enige ander omslag as die “...\plug_ins\reports\DOCUMENTS\DOCUMENTS” omslag gedruk word nie. |
- Redigeer - Inisieer die Verslagontwerper “Report manager designer”-skerm waarin jy 'n geselekteerde verslag of dokument uitleglêer kan redigeer, of 'n nuwe verslag kan skep.
|
|
Jy kan ook op 'n geselekteerde verslag of dokument uitleglêer dubbel-kliek om dit te redigeer. |
- Skrap – Dit sal 'n geselekteerde dokument uitleglêer of verslag (*.rep) lêer (asook die parameter (*.dfm) lêer, indien die verslag parameters het) skrap.
|
|
Maak absoluut seker dat die korrekte verslag of dokument uitleglêer gekies is, voordat jy op die Skrap-knoppie kliek. Indien die verkeerde verslag of dokument uitleglêer geskrap is, sal dit permanent van jou stelsel verwyder wees. |
- Nuwe verslag - Dit sal 'n blanko verslag, met geen datastelle, gebaseer op die “...\plug_ins\reports\New.rep” sjabloon skep. Indien jy die “New.rep” lêer stoor, sal dit as “New.rep” in die omslag wat geselekteer was voordat jy op die Nuwe verslag-knoppie gekliek het.
|
|
Jy kan op die "New.rep" klik en weer klik om die verslag te hernoem. As die "New.rep" in die "Report manager designer” Verslagontwerper-skerm oopgemaak is, kan jy die Lêer → Stoor as-kieslys gebruik om die verslag met jou eie naam te stoor. |
- Nuwe omslag - Dit sal 'n nuwe omslag in die geselekteerde omslag skep. Jy kan dubbel-kliek om die nuwe omslag te hernoem.
- Lêerblaaieromslag - Indien 'n verslag of dokument uitleglêer gekies is, en jy kliek op dié knoppie, sal die omslag, wat die geselekteerde verslag of dokument uitleglêer bevat, in Windows-Verkenner (“Windows Explorer”) of jou bedryfstelsel se verstek lêerblaaier program opgemaak word.
- Verfris - Dit sal die lys van omslae, verslae en dokument uitleglêers in die “Report man” skerm verfris (herlaai).
|
|
Die “Geen verfris na stoor” is by verstek gemerk. Indien jy die merk verwyder, sal dit outomaties die “Report man” skerm verfris (herlaai) wanneer 'n verslag gestoor word. Dit kan egter jou stelsel stadiger maak. |
- Hulp - Dié knoppie is onaktief. Dié aflyn hulp kan in die “.../plug_ins/reportman/doc/indexes.html” lêer van die osFinancials5 installasie omslag gevind word.
|
|
Jy kan die aanlyn hulp by http://reportman.sourceforge.net/ vind. Indien jy op 'n spesifieke area van die velde op die “Verslagontwerper” skerm fokus,sal 'n vraagteken ? by die muis-wyser (“cursor”), geheg word. Dit sal die spesifieke onderwerp (byvoorbeeld, http://reportman.sourceforge.net/doc/refcommon.html) in jou stelsel se verstek internet blaaier vertoon word. |
- Parameters - Indien 'n verslag parameters (opsies om jou keuses vir 'n verslag te stel) het, en jy op dié knoppie kliek, sal die parameters skerm (wat geredigeer kan word) vertoon word. 'n Voorbeeld van die "Algemene grootboektransaksies - Standaard" verslag parameters, is soos volg:

- Skep parameters en maak oop - Dit sal die “Report manager designer”-skerm waarop jy die verslag sowel as die parameters (Verslag → Parameter definisie) en datastelle (Verslag → Data konneksies en konfigurasie in die "Databasis konneksies en datastelle"-skerm) kan redigeer.
|
|
Indien 'n verslag geen parameters het nie, en jy op dié knoppie kliek, sal dit 'n fout-boodskap, vertoon: "No params found. create one first C:\osFinancials5\plug_ins\reports\userreports\Custom Reports\New.dfm" Jy moet dan die boodskap toe maak en op die Parameters knoppie kliek om parameters te skep. Indien jy 'n ander verslag met soortgelyke parameters vind, kan jy dié parameter *.dfm lêer na die omslag van jou verslag kopieer en die naam verander om dieselfde as jou verslag se naam te wees. Jy kan dan die parameters sowel as die verslag redigeer. |
- Besigtig verslag - Kliek om 'n geselekteerde verslag of dokument uitleglêer op skerm te vertoon. Indien 'n verslag parameters (opsies om jou keuses vir 'n verslag te stel) het, sal die parameters skerm ook vertoon word.
|
|
Sigblad verslae - word in die "... \plug_ins\reports\excelreports" omslag gestoor. - Die verslae sal in 'n sigblad-toepassing wat in osFinancials5 geïntegreer is oopmaak. Hierdie Sigblad verslae kan nie in die in die Verslagontwerper ("Report man") skerm oopgemaak, besigtig of geredigeer word nie. |
|
|
Terwyl jy 'n verslag of dokument uitleglêer redigeer, kan jy ook op die Besigtig die verslag op skerm |
- Kies toetsdokument id - Indien jy op die Besigtig verslag-knoppie kliek, sal die laaste dokument wat normaalweg gedruk of geprosesseer was, in die dokument uitleglêer (“...\plug_ins\reports\DOCUMENTS\DOCUMENTS” omslag) wat gekies is, op skerm vertoon word. Indien jy op die Kies toetsdokument id-knoppie kliek, kan jy enige ander geposteerde of ongeposteerde dokument kies, om op skerm te vertoon.


