Die volgende verslae is beskikbaar om rekeninge in die debiteure grootboek te bestuur:

  1. Debiteurstate - Rekeningstate vir jou debiteure (kliƫnte / klante)
  2. Lys - Lyste van kontakte, debiteure, afleweringsadresse, posadresse, details, BTW- en onderneming registrasienommers. 'n Kredietkontrolelys (kredietlimiete vs huidige balanse soos op) sal alle debiteure se beskikbare balanse lys soos op die datum waarop die lys gedruk word.
  3. Druk etikette - Druk etikette vir pos- en afleweringsadresse.
  4. Transaksies - Druk verslae vir Transaksies, Transaksies - Oopitem, Transaksies - Standaard en Transaksies - Ekstra.