Hierdie verslag lys alle kontakte wat aan debiteure (kliënte / klante) se rekeninge sowel as alle kontakte wat aan krediteure (verskaffers) se rekeninge gekoppel is. 

Om 'n lys van die kontakte vir debiteure (kliënte / klante) se rekeninge te druk, kies Verslae → Debiteure → Lys - Kontakte kieslys (Verslae-duimgids). 

Om 'n lys van die kontakte vir krediteure (verskaffers) se rekeninge te druk, kies Verslae → Krediteure → Lys - Kontakte kieslys (Verslae-duimgids). 

Die volgende opsies op die Verstek-duimgids is beskikbaar om kontakte te skep / redigeer of te skrap

  • Kontakte  
  • Debiteure - Kontakte-oortjie  
  • Krediteure - Kontakte-oortjie  
  • Kalender - Kontakte 

Kontakte verslag - opsies

Om kontakte te druk

  1. Op die Verslae-duimgids, kies Kontakte

  1. Volgorde - Kies "Eerste naam, Naam, Rekening of Beskrywing".
  2. Kliek Goed

Gedruk : Kontakte

'n Voorbeeld van die gedrukte "Kontakte" verslag is soos volg:


Hierdie kontakte-verslag kan ook gedruk word vanaf die Druk-knoppie op Kontakte (Verstek-duimgids).