Debiteure - Rekeningstate opsies (Verslae-kieslys)
Die volgende rekeningstate vir debiteure (kliënte / klante) is beskikbaar:
- Rekeningstate - Die staat sal alle transaksies druk. Dit gebruik nie die Oopitem-koppelings nie.
- Rekeningstate - Uitstaande - Hierdie staat sal slegs die uitstaande transaksies druk. Transaksies (bv. fakture, ens. Transaksies wat in die Oopitem-funksionaliteit gekoppel is, sal nie gelys word nie).
|
|
Die krediettransaksies wat aan spesifieke debiettransaksies van dieselfde waarde gekoppel is, sal nie vertoon word nie. Indien 'n transaksie vir 'n ander bedrag aan 'n spesifieke transaksie gekoppel is, sal slegs die uitstaande bedrag (verskil) gelys word. |
|
|
Voordat jy rekeningstate wil druk, moet jy dalk die volgende nagaan:
|
Die globale boodskap wat op rekeningstate (Opstel dokumente) ingesleutel is, sal op rekeningstate vir alle debiteure (kliënte / klante) gedruk word.
Om 'n globale boodskap in te sleutel wat op debiteure se rekeningstate gedruk word:
- Op die Opstel-duimgids, kies Opstel → Opstel dokumente.
- Kies Rekeninge opstel-oortjie.

- Sleutel die boodskap (tot 3 reëls) in.
- Kliek Goed.
Om 'n spesifieke boodskap in te sleutel wat op 'n spesifieke debiteur se rekeningstate gedruk sal word:
- Op die Verstek-duimgids, kies Debiteure (F4).
- Kies die debiteur (kliënt / klant) se rekening.
- Op die Afleweringsadres-oortjie, sleutel 'n boodskap (tot 3 reëls) in.
- Kliek op die Stoor- of Goed-knoppie.
