Opstel-kieslys
Die Opstel-kieslys bevat sewentien (17) opsies om jou Stel Boeke te konfigureer en op te stel:
Toegang tot die Opstel-kieslys:
- Op die Opstel-duimgids, kies Opstel.

- Die volgende sewentien (17) opsies is beskikbaar:
- Opstel onderneming - Die onderneming se besonderhede soos die adres, e-posadres, kontaknommers, onderneming se registrasie- en BTW-registrasienommers, ens. word hier ingesleutel. Dit sal op verslae, lyste en dokumente vertoon word.
- Jy kan ook kies of jou verslae, dokumente en lyste outomaties na die skerm, drukker, lêer, faksimilee of e-pos gedruk moet word.
- Jy kan ook jou onderneming se logo wat jy op dokumente en rekeningstate wil vertoon, hier laai.
- Jy kan ook die jou “Windows” bedryfstelsel se datum- en geldeenheid formate hier stel.
- Finansiële periodes - Stel die aantal maande en die begin van jou finansiële jaar. Jy kan ook kies om die postering van transaksies (in joernale en dokumente) vir spesifieke periodes in die huidige jaar asook vorige jare te blokkeer.
- Opstel dokumente - Stel die verstek opstelling vir jou verkoopsdokumente (d.i. kwotasies, fakture en kredietnotas) asook aankoopdokumente (d.i. bestellings, aankope en verskafferretoere).
- Jy kan ook joernaaltipes waarin jy die transaksies wat jy op dié dokumente invoer, na die grootboek opdateer gaan word, stel.
- Jy kan ook die opskrifte en boodskappe spesifiseer wat jy op die dokumente en rekeningstate vir debiteure (kliënte / klante) wil laat druk, asook of jy die standaard logo, indien jy dit opgestel het, op die dokumente moet vertoon.
- Indien jy op die Bladsy opstel knoppie kliek, sal die "Dialoog" skerm vertoon word waar jy die drukker kan stel of spesifiseer.
- Jy kan ook kies om dokumente outomaties na die grootboek te posteer wanneer joernale gedruk word.
- Rekeninge - Skep, redigeer of skrap grootboekrekeninge (inkomste / uitgawe, bank en BTW-rekeninge). Begroting syfers kan ook vir rekeninge ingesleutel en / of geredigeer word.
|
|
Begroting kan ook in die Budgets opsie op die Verslae-duimgids geprosesseer word. Jy kan ook die begroting in die Draai-tabel (Pivot) besigtig, analiseer, ontleed en kragtige funksies benut om verskeie groeperings, formules ens. van jou data te sien. |
- Groepe - Jy kan tot twee (2) verslaggroepe vir jou algemene grootboekrekeninge, debiteure, krediteure, voorraaditems en dokumente stel. Jy kan dan dié bestaande verslaggroepe benut om wanneer jy rekeninge, krediteure, debiteure, voorraaditems skep, of dokumente prosesseer, deur ‘n spesifieke verslaggroep te kies. Wanneer jy verslae druk, kan jy ook verslae of dokumente vir ‘n spesifieke verslaggroep druk, of die volgorde waarvolgens die verslaggroepe op verslae vertoon moet word, kies.
- Voorraadinligting - Die volgende opsies is beskikbaar:
- Verstek -
- Verkooppryse - Die verstek beskrywings is “Verkoopprys 1, Verkoopprys 2, Verkoopprys 3”. Jy kan dit met jou eie beskrywings vervang, asook die verstek verkoopsprys stel.
- Koste van verkope - Dit is slegs van toepassing op die verstek voorraaditem tipe (handelsvoorraad). Jy kan die koste van verkope aktiveer, 'n koste van verkopejoernaal kies. Jy moet ook besluit of jy “Gemiddelde koste” of “Nuutste koste” wil gebruik.
- Opstel dokumente – Jy kan ook verskeie opsies stel vir voorraaditems en wanneer jy dokumente prosesseer.
- Eenheid – Spesifiseer die eenheid se beskrywings vir voorraaditems, byvoorbeeld “Elk” en “Ure”, ens.
- Rekeningklasse – Jy kan rekeningklasse skep, redigeer of skrap. Elke rekeningklas kan tot vyf (5) rekeninge bevat wat op die Grootboek-oortjie van 'n voorraaditem gekoppel kan word.
- Joernaaltipes - Skep, skrap of stel die opsies vir joernale waarin jy transaksies in joernale wil prosesseer. Jy kan ook joernaaltipes aan verkoopsdokumente (d.i. fakture, en kredietnotas) asook aankoopdokumente (d.i. aankope en verskafferretoere) koppel (Opstel → Dokumente) waarin die transaksies wat in dokumente gegenereer word, na die grootboek te posteer.
- Toegangsbeheer - Stel die sekuriteitsopsies in ‘n spesifieke Stel Boeke soos jou gebruikers, hul wagwoorde, e-posadresse en toegangsvlakke, ens.
- Verkoopspersoon - Skep of skrap verkoopspersone wat jou voorraaditems of dienste sal verkoop, te skep of te skrap. Dié verkoopspersone kan gekies word wanneer verkoopsdokumente (fakture, kredietnotas en kwotasies) wat op ‘n debiteur (kliënt / klant) betrekking het, geprosesseer word. Dié verkoopspersone kan ook vir aankoopdokumente (bestellings, aankope en verskafferretoere) gekies word.
- Finansiële kategorieë - Koppel die grootboek rekeninggroepe aan Bates, Kapitaal, Laste, Inkomste en Uitgawes.
- Dataparameters - Kies die aanwysers vir debiet en krediet, aantal desimale wat op verslae en dokumente vertoon moet word, asook die aantal desimale wat gestoor moet word. Jy kan ook kies om die verstek stelsel geldeenheid simbool te vertoon.
- Internet - Konfigureer die Internet om verslae, lyste en dokumente aan ander instansies of persone per e-pos te stuur.
- Lande - Bestuur die "ISO CODE2 , ISO CODE3" en "ICL CODES" kodes vir die onderskeie lande. Sien Country codes.
- Wisselkoerse - Skep, redigeer en skrap wisselkoerse. Jy kan wisselkoerse gebruik wanneer jy dokumente prosesseer. Wanneer jy aankoopdokumente (d.i. aankope, verskafferretoere en bestellings) sowel as verkoopsdokumente (d.i. fakture, kredietnotas en kwotasies) prosesseer, kan jy die wisselkoers kies. Die dokumente sal dan in daardie wisselkoers druk.
- Punt-van-Verkope - Konfigureer en stel parameters vir die Punt-van-verkope stelsel.
- Workvloei opstel -
|
|
Workflow plugin - Manual - Shop - Once-off license - Die werkvloei-inprop laat jou toe om die stappe of prosesse van 'n taak op te teken. |
- Drukker - Konfigureer drukkers om verslae en dokumente te druk.

