Rekeningklasse
Jy kan rekeningklasse skep, redigeer of skrap. Elke rekeningklas kan tot vyf (5) rekeninge bevat wat op die Grootboek-oortjie van 'n voorraaditem gekoppel kan word.
Wanneer 'n rekeningklas op die Grootboek-oortjie van 'n voorraaditem gekoppel word, sal dit die Rekeninge se Opsoek knoppies de-aktiveer.
Dié BTW-rekeninge (Inset BTW sowel as Uitset BTW) asook die Grootboekrekeninge (Verkope-, Koste van verkope- en die Voorraadkontrolerekening) outomaties voltooi word, sodra jy 'n rekeningklas aan 'n voorraaditem koppel. Dit sal jou tyd spaar, aangesien jy nie vir elkeen van dié rekeninge individueel op 'n voorraaditem hoef kies nie.
Om 'n nuwe rekeningklas te skep:
- Op die Opstel-duimgids, kies Opstel → Voorraadinligting.
- Kliek op die Rekeningklasse-oortjie.

- Kliek
om 'n nuwe rekeningklas by te voeg. - Sleutel die naam (beskrywing) d.i. “Standaardkoers - 15%” vir dié nuwe rekeningklas in.
- Kies die volgende rekeninge:
- Inset BTW - Kies die Inset BTW – Standaardkoers - 15% (860-020).
- Uitset BTW - Kies die Uitset BTW – Standaardkoers - 15% (860-010).
- Verkoperekening - Kies die Verkoperekening (010-000).
- Koste van verkope - Kies die Koste van verkoperekening (100-000).
- Voorraadkontrole - Kies die Voorraadkontrolerekening (750-000).
|
|
Indien jy nie vir BTW geregistreer is nie, kan die “Leeg” opsie vir die Inset BTW en Uitset BTW-rekeninge gekies word. |
|
|
Jy moet rekeningklasse vir elk van jou BTW-rekeninge teen elke BTW-koers skep. Indien jy sekere items wat teen 'n nulkoers belas moet word, moet jy ook dié BTW-rekening kies en aan jou voorraaditem koppel. |
- Kliek
om dié veranderinge te stoor. - Kliek Goed om dié “Voorraadinligting” skerm toe te maak.
|
|
Sodra jy Rekeningklasse geskep het, en 'n Rekeningklas uit die lys op die Grootboek-oortjie van voorraaditems gekies het, kan jy dit verander en op die Pas op alles toe-knoppie klik. Dit sal alle voorraaditems opdateer met die nuwe rekeninge wat gekies (verander) is vir elke voorraaditem wat aan die Rekeningklas gekoppel is. |


