Opstel Internet
Hierdie opsie stel jou in staat om die Internet op te stel en te konfigureer om verslae lyste en dokumente aan enige instansie of persoon per e-pos te stuur.
Jy moet jou e-pos se uitgaande pos bediener, wat jou Internet diensverskaffer se e-posrekening soos in jou rekenaarstelsel opgestel is, spesifiseer.
Jy kan ook die e-pos bediener toets en die "log" lêer van hierdie opsie sien.
Alvorens jy enige verslae, dokumente, ens. per e-pos kan stuur, moet die e-pos bediener se toets suksesvol wees.
Indien jy enige gebruikers op die stelsel opgestel het, sal die gebruiker wat op die Stel Boeke aangeteken is, se gebruikers ID en e-posadres op die skerm vertoon word. Let daarop dat hierdie fasiliteit slegs deur gebruikers wat toegang verleen is in die Opstel → Toegangsbeheer (Opstel-duimgids) en ‘n geldige e-posadres het, sal verslae, lyste en dokumente via die Internet kan stuur.
Indien die Internet nie korrek opgestel en konfigureer is nie, sal 'n boodskap vertoon word:
"Internet opstelling is foutief! Doen Opstel -> Opstel -> Internet."
Om die Internet op te stel en te konfigureer:
- Op die Opstel-duimgids, kies Opstel → Internet.

- Sleutel jou E-posrekening se uitgaande posbediener ("outgoing mail server") identifikasie, Gebruiker id en wagwoord soos deur jou Internet diensverskaffer met wie jy reeds 'n rekening het, en aan jou voorsien is, in.
- Verstek teks word in die onderwerpveld op die Stuur e-pos en faksverslag skerm vertoon. Hierdie Stuur e-pos en faksverslag skerm ("Sending E-mail and Fax Report"-skerm) word geopen as jy op die Druk knoppie klik wanneer die "Stuur verslag na" e-pos of faks opsie gekies is. Jy kan dit oortik met jou eie teks (onderwerp), indien nodig.
- Klik op die "Test E-mail Server" knoppie. Dit sal jou e-poskonneksie valideer en verifieer.
Verifieer osfinancials1@gmail.com op bediener smtp.saix.net
Gekonnekteer.
Gediskonnekteer...
- Bekyk die resultate van jou instellings vir die e-posbediener. As jou e-posbediener korrek gestel is, moet 'n soortgelyke resultaat vertoon word:
Test Finished. Success .
- Sodra die toets voltooi is, word 'n bevestiging-e-pos na die inkassie van jou stelsel se verstek-e-pos-program gestuur.
- Klik op die Pas toe knoppie.
- Klik op die Maak toe knoppie om hierdie skerm toe te maak.
|
|
Jy kan ook jou e-posadres in die Opstel → Opstel onderneming (Opstel-duimgids) insleutel. Indien jy enige e-posadresse vir enige gebruikers in die Opstel → Toegangsbeheer (Opstel-duimgids) ingesleutel het, sal die e-posadres vir die gebruiker wat op jou stelsel aangeteken is, vertoon word. Die e-posadres kan dan slegs in die Opstel → Toegangsbeheer (Opstel-duimgids) gewysig of geredigeer word. |
