Opstel joernaaltipes
Joernaaltipes is die joernale waarin jy die transaksies vanaf jou brondokumente gaan insleutel (invoer). Jy sal byvoorbeeld, die fakture in die verkoopsjoernaal, deposito's of kwitansies in die ontvangstejoernaal, tjeks in die betalingsjoernaal invoer, ens.
Nadat jy die transaksies vanaf die brondokumente ingevoer het, moet jy dié transaksies nagaan en die transaksies na die grootboek opdateer of posteer.
Jy kan ook addisionele joernaaltipes skep om aan jou behoeftes te voldoen.
|
|
In die meeste Stelle Boeke wat jy kan aflaai, is die Verkoopsjoernaal, Aankoopjoernaal, Algemene joernaal, Bankrekening (gekoppel aan 'n Ontvangste- en Betalings-joernaal) asook 'n Kleinkasrekening (gekoppel aan 'n Ontvangste- en Betalings-joernaal), reeds beskikbaar en ingesluit. |
|
|
Dokumente genereer ook transaksies in joernale wanneer die dokumente na die grootboek opgedateer (geposteer) word. Die dokumenttipes en is in die Opstel → Opstel dokumente (Opstel-duimgids) reeds vooraf gekies en gekoppel aan die volgende joernaaltipes:
|
Indien jy meer as een bankrekening het, moet jy 'n spesifieke betalings- en ontvangstejoernaal vir elk van die bankrekeninge skep.
Jy kan op enige stadium joernaaltipes byvoeg soos jou behoeftes verander en / of jou spesifieke opstelling vir joernale benodig.
Die basiese opstelling van joernaaltipes vir die rekening opsoektipe sowel as die kontrarekening opsoektipe asook die bedraginvoer kolomme (debiet / krediet of beide), is soos volg:
|
JOERNAALTIPE |
REKENING OPSOEKTIPE |
KONTRAREKENING OPSOEKTIPE |
DEBIET /KREDIET |
|
Verkoopsjoernaal |
Debiteure |
Algemene grootboek |
Debiet |
|
Verkoopsretoere |
Algemene grootboek |
Debiteure |
Krediet |
|
Aankoopjoernaal |
Algemene grootboek |
Krediteure |
Krediet |
|
Aankoopretoere |
Krediteure |
Algemene grootboek |
Debiet |
|
Betalingsjoernaal |
Alle |
Alle |
Debiet |
|
Ontvangstejoernaal |
Alle |
Alle |
Krediet |
|
Algemene joernaal |
Alle |
Alle |
Debiet en Krediet |
Om 'n joernaaltipe by te voeg:
- Op die Opstel-duimgids, kies Opstel → Joernaaltipes.

- Kies 'n joernaaltipe op die lys.
- Kliek op Byvoeg. 'n Blanko reël sal bokant die geselekteerde joernaaltipe gevoeg word.
- Sleutel die naam vir die nuwe joernaaltipe in.
- Kliek Maak toe.
|
|
.Jy kan enige joernaal kies en op die Redigeer-knoppie klik om die joernaalopstelling te doen; of druk F10 of klik op die F10:Opstel-ikoon op die joernaalinvoer skerm. |

