Sigblad Uitvoer / Invoer

Sigblad Uitvoer / Invoer - 

Sien video - Improved Export/Import

Met hierdie opsie kan jy data in jou Stel Boeke na 'n Sigblad uitvoer, die data redigeer en in 'n Sigblad weer invoer. Die Sigblad Uitvoer / Invoer is beskikbaar in die volgende funksies:

Opstel-duimgids:

  • Opstel → Rekeninge
  • Opstel → Groepe
  • Invoer – Rekeninge, Debiteure/Krediteure en Voorraad.

Verstek-duimgids:

Uitvoer / Invoer - Opstel-duimgids

Uitvoer / Invoer 

Uitvoer

 Invoer


Rekeninge 


Rekeninge 


Debiteure 


Debiteure 


Jewditeure 


Krediteure 


Voorraad 


Voorraad 


Dokumente 


Dokumente 


Geposteerde joernale 


Geposteerde joernale invoer (Joernaalinvoer - F9:Prosesseer op die Verstek-duimgids)

Uitvoer - Verslae-duimgids

Grootboekontleder 

Daar is ses (6) verslagtipes, (d.i. Proefbalans, Inkomstestaat, Balansstaat, Standaard kolombalanse, Begroting vs werklike en Huidige jaar vs vorige jaar) wat gedruk en na sigblad (“spreadsheets”) uitgevoer kan word.


Kolombalanse

Bykomend tot die bogenoemde ses (6) verslagtipes, is daar nog ses (6) verslagtipes wat slegs na sigblad (“spreadsheets”) uitgevoer kan word (d.i. Kolombalanse - Kolombalanse Debiet/Krediet - Kolombalanse - Debiteure - Kolombalanse - Debiteure Debiet/Krediet - Kolombalanse - Krediteure - Kolombalanse - Krediteure Debiet/Krediet)

Begrotings

Die Begroting ("Budgets") op die Verslae-duimgids, is 'n alternatiewe metode tot die standaard opsie om begrotings te verwerk as in Opstel → Rekeninge - Begroting-oortjie (Opstel-duimgids). In die Grootboekontleder, kan jy die "Begroting"- opsie kies om die begroting syfers in die Proefbalans, Inkomstestaat, Balansstaat, Standaard kolombalanse, verslagtipes te druk en uit te voer. Benewens dié Begrotingsyfers, kan jy ook die begroting teenoor die werklike syfers (transaksies wat na die grootboek opgedateer is) in die Begroting vs werklike begroting prestasie verslag druk en uitvoer.  

Transaksies

T-Rekeninge - Jy kan 'n spesifieke rekening, groep, ens. kies om die transaksies in die T-Rekeninge te sien. 

Op die verslagtipes in die Grootboekontleder kan jy regs-kliek op 'n geselekteerde rekening, en die "Wys besonderhede" opsie op die konteks-kieslys kies. Transaksies kan gedruk word of na 'n sigblad uitgevoer word.

Oopitem

Die filter resultate in Oopitem koppel in die Totale-oortjie, Transaksies-oortjie en geselekteerde rekeninge kan na na 'n sigblad uitgevoer word.