Die osFinancials5 program se gebruiker-vriendelike koppelvlak maak die program maklik om te gebruik. Wanneer jy osFinancials vir die eerste keer inisieer, sal osFinancials se koppelvlak in Engels vertoon wanneer jy die HANDYMAN Stel Boeke oopmaak.. 

Die "Afrikaans"-taallêer is vir die skermskote in dié dokumentasie gebruik.

Wanneer 'n Stel Boeke oopgemaak word, sal die taal en land wat vir dié Stel Boeke gestel is (Opstel → Toegangsbeheer – Standaard sekuriteit-oortjie (Opstel-duimgids) in osFinancials5 se koppelvlak, vertoon word. 

Stelle Boeke in Afrikaans

Jy kan enige van die beskikbare Stel Boeke wat in Afrikaans sal oopmaak gratis aflaai - Stelle Boeke en gekoppelde tale. Benewens die "AF-SUID-AFRIKA" Stel Boeke, is daar ook industrie spesifieke Stelle Boeke wat gratis afgelaai kan word (dit is, "BOERDERY, DIENS, KERK, MEDIES, VERVAARDIGING" en"WERKSWINKEL").

Jy kan ook die volgende Stel Boeke gebaseer op die Afrikaanse handleiding, wat in die  “…\bin\Tutorials\AFRIKAANS\” gids geïnstalleer is oopmaak (dit is, NUTSMAN (Geen transaksies), NUTSMAN-A (Ongeposteerde transaksies) en NUTSMAN-B (Ongeposteerde transaksies).

Tema 

By verstek, word osFinancials5 in die "Classic" tema geïnstalleer. Jy kan 'n ander tema (d.i. "Blue, Glass, Material, Silver, Soft-blue" of "VS2010") in Tema (Opstel-duimgids) kies om die voorkoms van osFinancials5 te verander.

Die Material tema is vir die skermskote in dié dokumentasie (na installase en registrasie) gebruik.

Die opsies en funksies in die osFinancials5 program word kortliks toegelig:

Die ontwerp van die osFinancials5-gebruikers koppelvlak (UI) bied jou verskillende opsies, wat inligting vertoon en/of jou toegang gee tot die verskillende kenmerke en opsies: 

  1. Titelbalk - Vertoon die naam van dié Stel Boeke (Opstel → Opstel onderneming) wat oopgemaak is asook die osFinancials5 program en weergawe.

Jy kan die F1-sleutel op die meeste skerms, velde en oortjies druk om die geassosieerde (konteks-sensitiewe hulp) onderwerp te vertoon. Die Hulp-lêer is tans slegs in Engels beskikbaar. - Die Afrikaanse Hulp-lêer is slegs op aanvraag beskikbaar:

Afrikaanse Hulp is aanlyn beskikbaar:
Manual html English
And in Afrikaans.
Manual html Afrikaans

  1. Duimgidse – Die program opsies is in die volgende vyf (5) duimgidse gegroepeer:
    1. Begin - Groepeer die aksies wat nodig is om die Stelle Boeke in osFinancials5 te bestuur (oopmaak, toemaak, skep, skrap, stoor as, rugsteun en herstel), die taal te kies, en om osFinancials5 te registreer. 
    2. Verstek - Groepeer die funksies en aksies om meester-lêers (d.i. Debiteure, Krediteure, Kontakte, Voorraaditems) te skep, redigeer of te skrap. Die funksies en aksies om transaksies (d.i. Dokumente, Joernale, Kontant / Bank transaksies, Oopitem koppelings, ens.) te prosesseer en na die grootboek te posteer, asook die Soek-opsie om data in jou Stel Boeke te soek.  
    3. Verslae - Groepeer toegang tot verslae (kieslys), gebruikerverslae (kieslys), sigblad verslae (kieslys), Grootboekontleder 1, Grootboekontleder 2, T-Rekeninge en die drukker. Begrotings (“Budgets”) is ‘n nuwe funksie wat makliker en kragtig is om jou begrotings te prosesseer en in draai-tabelle te analiseer. 
    4. Opstel – Groepeer die opsies om jou Stel Boeke op te stel en te konfigureer in die Opstel-kieslys (Opstel onderneming, Opstel dokumente, Groepe, Rekeninge, Voorraadinligting, Finansiële periodes, Toegangsbeheer, Joernaaltipes, Verkoopspersoon, Drukker, Wisselkoerse, ens.). Die Gereedskap-kieslys en die Globale prosesse-kieslys groepeer ook sekere funksies. Benewens hierdie kieslys opsies, is die Doen jaareinde, Uitvoer en Invoer opsies asook die Verslagontwerper,ook beskikbaar. Die Inprop-programme kieslys groepeer ook toegang tot inprop-programme wat geaktiveer is.
    5. Gebruiker – Dié duimgids, is by verstek, nie geaktiveer nie. Dié duimgids bied die gerief om is kits toegang tot die funksies wat die meeste gebruik word, in ses (6) groepe te bestuur. 

Wys / Versteek Duimgids opsies

Aan die onderkant van die duimgids strook kan jy op die “Collapse the Ribbon” kliek om die duimgids strook te versteek.

 

Indien jy op 'n duimgids kliek, kan jy op die “Pin the Ribbon” opsie kliek om die duimgids weer staties te vertoon.   

 


  1. Status-balk – Die volgende word in die statusbalk vertoon: 
    1. Gebruikersnaam – Indien daar geen gebruikers geskep is nie, sal “(Universal Administrator)” vertoon word. Die naam van die gebruiker (indien gebruikers in die Opstel → Toegangsbeheer geskep is) sal dan vertoon word. 
    2. Naam van Stel Boeke - Die naam van dié Stel Boeke wat oopgemaak (aktief) is.
    3. Ligging vir die aktiewe Stel Boeke - Die volledige ligging waar dié Stel Boeke op jou stelsel gestoor is word in die laaste seksie van die status-balk vertoon.