Opstel voorraad
Die “Opstel voorraad” skerm bied verskeie opsies om jou voorraad en / of dokumente (fakture, kredietnotas, kwotasies, aankope, verskafferretoere en bestellings) vanuit jou voorraaditem kodelêer moet genereer, te konfigureer. Op die “Opstel voorraad” skerm kan jy die voorraadeenhede, die beskrywings vir tot 3 verkooppryse spesifiseer, koste van verkope stel en rekeningklasse skep.
Die “Opstel voorraad” skerm bestaan uit drie (3) oortjies, naamlik Verstek, Eenheid en Rekeningklasse.
Om voorraad en koste van verkope parameters te stel:
- Op die Opstel-duimgids, kies Opstel → Voorraadinligting.

- Verkooppryse –
- Verkoopprys 1 / 2 / 3 – Die verstek beskrywings is “Verkoopprys 1, Verkoopprys 2, Verkoopprys 3”. Jy kan dit met jou eie beskrywings vervang.
- Verstek – Die verkoopprys wat hier gekies word, sal outomaties gekies word wanneer jy dokumente prosesseer.
|
|
Jy kan 'n spesifieke verkoopprys vir 'n spesifieke debiteur (kliënt / klant) rekening (Debiteure – Rekeninginligting-oortjie op die Verstek-duimgids) stel. |
- Koste van Verkope – Dit is slegs van toepassing op die verstek voorraaditemtipe en sommige van die voorraaditemtipes. Kies die volgende:
- Skep Koste van verkope – By verstek, is die koste van verkope nie geaktiveer nie. Merk die opsie om dit te aktiveer.
- Koste van verkopejoernaal – Kies die koste van verkope joernaal “Koste van. Verkope”.
- Gebruik “Gemiddelde koste” of “Nuutste koste” opsie.
|
|
Gebruik “Gemiddelde koste” of “Nuutste koste” opsie. Die metode wat jy kies, berus by jou - konsulteer met jou rekenmeester oor die metode wat jy behoort te gebruik. Die waarde van jou voorraad, kan jou wins en verlies syfers wesentlik beïnvloed. |
- Production Contra account - Produksie kontra rekening - As jy komponente ("Bill of Materials - BOM Production") (Komponente (produksie) voorraaditem tipe gebruik, moet jy 'n kontra rekening kies.
- Opstel dokumente – Dié res van dié opsies (merk-velde) word gebruik om die prosessering van dokumente te konfigureer. Laat alle opsies op dié skerm blanko (merk verwyder) behalwe die “Gebruik oortjies in voorraad” en die De-aktiveer boodskappe vir geen voorraad” opsies, ens.
|
|
Die Opstel opsies-knoppie hoef slegs gebruik te word om opsies vir die Opsie-item en Opsie-item (geen voorraad) voorraaditem tipes te skep. |
- Kliek op die Eenheid-oortjie. Maak seker dat “Elk” en “Ure”, gelys is. Indien nie; sleutel in en kliek op die Byvoeg knoppie.
- Kliek op die Rekeningklasse-oortjie. Jy kan rekeningklasse vir elk van jou BTW-kodes stel. Wanneer jy Voorraaditems skep, kan jy die Rekeningklas selekteer om die Grootboek kodes (Inset- en Uitset-BTW kodes, Verkope, Koste van Verkope en Voorraadkontrolerekeninge) outomaties te voltooi.
- Kliek Goed om die wysigings te stoor.


