Opstel onderneming
In die Opstel onderneming word die onderneming se besonderhede soos die adres, e-posadres, kontaknommers, onderneming se registrasie- en BTW-registrasienommers, ens. ingesleutel. Dit sal op verslae, lyste en dokumente, ens. vertoon word.
Jy kan ook kies of jou verslae, dokumente en lyste outomaties na die skerm, drukker, lêer, faksimilee of e-pos gedruk moet word.
Jy kan ook die jou “Windows” bedryfstelsel se datum- en geldeenheid formate hier stel.
Jy kan ook jou onderneming se logo wat jy op dokumente en rekeningstate wil vertoon, hier laai.
Om die onderneming se inligting en opsies te stel:
- Op die Opstel-duimgids, kies Opstel onderneming. (Ctrl+F5).

- Sleutel die naam en adres sowel as die poskode van jou onderneming in.
- Sleutel jou onderneming se registrasienommers in, indien van toepassing.
|
|
Neem kennis van die volgende inligting met betrekking tot registrasienommers:
|
- Sleutel jou telefoon- en faksnommer in en E-posadres in, waar van toepassing.
- Bankbesonderhede - (Opsioneel). Jy kan die besonderhede vit tot twee (2) bankrekeninge insleutel:
- Banknaam 1 - Sleutel die naam van jou bankrekening in.
- Houer se naam 1 - Sleutel die takkode in.
- Bankrekeningnr. 1 - Sleutel die bankrekeningnommer in.
- SWIFT nr - (Society for Worldwide Interbank Financial Telecommunication). Enter, if available.
|
|
SWIFT - See http://en.wikipedia.org/wiki/SWIFT / http://www.theswiftcodes.com/ SEPA - (Single Euro Payments Area) - See - http://en.wikipedia.org/wiki/Single_Euro_Payments_Area |
- IBAN nr - ("International Bank Account Number").
- BIC - ("Bank Identifier Code").
|
|
Dié bankinligting is op die Dokument uitlêer (15 kodes) en Rekeningstate vir debiteur (kliënt / klante) se rekeninge aangebring. Jy kan die bankinligting op jou uitleglêers byvoeg, in die Verslagontwerper (toeganklik vanaf die Opstel-duimgids). |
- "Additional Data" - Indien jy 'n webtuiste op jou verslae wil vertoon, kan jy die webtuiste insleutel.
|
|
Die "Webtuiste" se inligting wat jy hier insleutel, sal op alle verslae en dokument uitleglêers waarop die Onderneming se inligting gedruk word. |
- Kliek op Opsies. Die Opsies skerm is soos volg:

- Die “BTW-metode” is op “Faktuurbasis” gestel. Moet dit nie wysig nie.
- Kies die “Verstek uitset” opsie (d.i. skerm, drukker, lêer, faks of e-pos).
- Jy kan die onderneming se logo laai of verwyder.
|
|
Indien jy die onderneming se logo wat 'n adres insluit op dokumente (fakture, ens.) en debiteure se rekeningstate wil laat druk, kan jy op die Laai van lêer-knoppie kliek om die logo van 'n geldige lêerformaat op jou stelsel te laai. |
- Kliek op die Stel die Windows datum formaat/styl knoppie om die datum en geldeenheid formaat vir jou eie streek te stel.
|
|
Dit is belangrik om die Windows datum formaat te bevestig en die formaat te wysig, indien nodig, aangesien dit die formaat sal bepaal waarin die datums vir transaksies ingevoer en op state, verslae, lyste, soek skerms, ens. vertoon sal word. Die datum vir 1 Maart 2022 kan moontlik in een van die volgende formate vertoon word:
Die JJJJ/MM/DD (2022/03/01) is die formaat wat in dié dokumentasie gebruik word. |
- Kliek Goed om die wysigings te stoor.


