Dié volgende opsies kan vir 'n Stel Boeke gestel word:

Om die Dataparameters te inisieer:

  1. Op die Opstel-duimgids, kies Opstel → Dataparameters.

  1. Indien nodig, kan jy die volgende opsies wysig: 
    1. Rapporteer bedrae met – Nie op osFinancials4/TurboCASH5 van toepassing nie. 

Die verstek vir 'n negatiewe bedrag, is 'n negatiewe teken (minus "-" ) teken voor die bedrag. 

    1. Stoor data – Stel die afronding van desimale (onbeperkte aantal desimale) of geen afronding (egte nommers). Indien jy Vaste desimale kies, moet jy die aantal desimale kies. Die mees algemene opsie, is 2 desimale. 
    2. Verslag desimale -
      1. Aantal (Bedrag) - Nie op osFinancials4/TurboCASH5 van toepassing nie. 
      2. Dokumentreël - Nie op osFinancials4/TurboCASH5 van toepassing nie.
      3. Dokumentaantal -Nie op osFinancials4/TurboCASH5 van toepassing nie.
      4. Dokument wys aantal - Nie op osFinancials4/TurboCASH5 van toepassing nie.
      5. Datum / Tyd opstellings (DateTime Settings) - Dit sal die Streek en taal opsies ("Regional and language options") van jou bedryfstelsel inisieer waarin jy die globale opstellings kan doen.

Die Streek en taal opsies ("Regional and language options") van jou bedryfstelsel, kan ook op die Opsies skerm van Opstel onderneming (Opstel-duimgids) geïnisieer word.

      1. Gebruik geldeenheidsimbool - Nie op osFinancials4/TurboCASH5 van toepassing nie.
      2. Nederlandse teks numering - Vir Afrikaans of Engels, asook die meeste van die ander tale moet dié veld nie gemerk word nie. Dit sal die volgorde waarin die bedrag in woorde op kwitansies (Joernale (Skep kwitansies in Ontvangstejoernale) en Oopitem koppel - Ontvang betaling) gedruk en vertoon moet word. 
    1. Spoed - Moet nie joernale bereken nie - Die totale van die joernale sal deurgaans bereken word. Indien jy hierdie opsie merk, kan dit die prosessering van joernale bespoedig
    2. Spesiale opstellings
      1. Vertoon kalender – By verstek, is hierdie opsie nie gemerk nie. Indien jy hierdie veld merk, sal die kalender outomaties vertoon word wanneer jy die Stel Boeke weer oopmaak.
      2. Kontraverw. as rekeningverw. - Kontraverwysing as rekeningverwysing. By verstek, is hierdie opsie nie gemerk nie. Dit 'n globale opstelling wat slegs op joernale van toepassing is.
      3. Streng BTW op rekening - By verstek, is hierdie opsie nie gemerk nie. Dit 'n globale opstelling wat slegs op joernale van toepassing is. 
      4. Projekte - By verstek, is hierdie opsie nie gemerk nie. Indien dié opsie gekies is, sal dit die Projekte in die strook van die Verstek-duimgids aktiveer.
      5. Verstek bankrekonsiliasie metode -  By verstek, is hierdie opsie gemerk. Die banktransaksies word fisies in die betalings- en ontvangstejoernale van 'n spesifieke bankrekening vanaf brondokumente en / of bankstate ingesleutel.

Die Bankinvoer inprop-program  is 'n kommersiële produk. Jy kan dan die transaksies vanaf jou bankstate invoer en die toewysings outomatiseer. 

      1. Logvlak - “Af” is die verstek stelling. Jy kan dit tot 7 stel. Dit sal op die logverslag (Opstel → Toegangsbeheer) aandui wanneer gebruikers aan- of afteken het.
      2. Algemene grootboekverskille - Jy kan 'n grootboek rekening (Opstel → Rekeninge in die Opstel-duimgids)) skep en op die veld die grootboek rekening kies. Indien daar enige afrondings verskille is, sal dié verskille teen dié rekening geboek word.
      3. Aktiveer "Blockchain" 
      1. Aktiveer outo-stel as onaktief vir debiteur na x aantal dae onbetaald –  
      1. Logvlak - “Af” is die verstek stelling. Jy kan dit tot 7 stel. Dit sal op die logverslag (Opstel → Toegangsbeheer) aandui wanneer gebruikers aan- of afteken het of watter funksies uitgevoer is, byvoorbeeld, Jaar-einde, Kanselleer geposteerde joernale / dokumente, ens.
  1. Kliek op die Goed knoppie.