Finansiële kategorieë
Sodra Rekeninggroepe 1 en / of 2 is bygevoeg is, moet jy dié groepe aan een van die finansiële kategorieë (d.i. Bates, Laste, Kapitaal, Inkomste of Uitgawes) koppel.
- Bates, Kapitaal en Laste is Balansstaat Finansiële kategorieë, en
- Inkomste en Uitgawes is Inkomstestaat Finansiële kategorieë.
|
|
Dit is belangrik om dié groepe aan dié korrekte finansiële kategorieë te koppel. Dit moet op die Rekeningkundige vergelyking gebaseer wees. |
Die volgende twee (2) opsies is beskikbaar om die groepe aan finansiële kategorieë te koppel (Opstel-duimgids):
- Opstel → Rekeninge.
- Opstel → Opstel → Finansiële kategorieë.
|
|
Rekeninggroepe - Verslaggroep 1 en 2 - Jy kan ook die Skuif op, Skuif af opsies gebruik om die volgorde waarin die rekeninggroepe op skerms en verslae vertoon moet word, te struktureer. Jy kan ook groepe vir Rekeninggroep 1 en / of Rekeninggroep 2 in die Opstel → Groepe) opsie skep, redigeer of skrap. In dié voorbeeld, is rekeninggroepe 1 en 2 in verskillende volgordes gestel:
Jy kan dan grootboekverslae (d.i. Proefbalans, Inkomstestaat, Balansstaat, Rekeninglys, ens.), in verskillende volgordes (d.i. Rekeninggroep 1 of Rekeninggroep 2) lys en druk. |



