Die Totale-oortjie sal die transaksietotaal en totale uitstaande totaal vir elke oopitem rekening lys. Jy kan die filter- en soek-opsies gebruik om die data wat by jou uitvoerlêer ingesluit moer word, te stel en die data, in 'n sigblad uitvoer en oopmaak.

Uitvoer opsies

Om oopitem totale uit te voer:

  1. Op die Verstek-duimgids, kies Oopitem koppel. Die Totale-oortjie sal by verstek vertoon word.

  1. Kies die rekeningtipes, d.w.s. algemene grootboek rekening en/of debiteur (kliënt / klant) rekening en/of 'n krediteur (verskaffer) rekening op die  Totale-oortjie of Transaksies-oortjie wat jy by die uitvoerlêer wil insluit. 

Jy mag: 

  • Gebruik die soek en filter opsies om slegs die kriteria uit te voer wat by jou soek- en filter-opsies pas. 
  • Sleep die kolomme in die volgorde waarin jy die data wil uitvoer.
  1. Kliek op die Filter knoppie om alle rekeninge (vir die geselekteerde rekeningtipes) wat as oopitem rekening gestel is, en waarteen transaksies in joernale en / of dokumente geposteer is, te lys.
  2. Klik op die Uitvoer-knoppie.

  1. Kies die gids waarin jy die lêer wil stoor en voer 'n lêernaam in

As jy nie die Export.txt-lêernaam insleutel en stoor nie, kan jy bestaande (voorheen uitgevoer) lêers oorskryf. 

As 'n bestaande uitvoerlêer oopgemaak is, en jy probeer om 'n uitvoerlêer met dieselfde naam te stoor, sal 'n soortgelyke fout-boodskap as die volgende vertoon word:

"Cannot create file "D:\UITVOER\Export.txt". The process cannot access the file because it is being used by another process." 

  1. Kies die tipe lêer. Tekslêers "Text files" (*.txt) is die verstek; of kies CSV-lêers (*.csv) (Comma Separated Values).

  • Tekslêers bv. (Export.txt) - Dit behoort outomaties die uitgevoerde tekslêer van jou stelsel se verstek tekslêer-toepassing oop te maak wat geassosieer word met tekslêertipe (*.txt) lêertipes (bv. Notepad, ens.). Jy moet die uitgevoerde tekslêer toemaak en jou sigblad-toepassing begin. Maak die tekslêer in jou sigblad-toepassing oop om die "Teks Inlees"-opsies te begin. 
  • CSV lêers bv. (Export.csv) - Dit behoort outomaties die "Teks Inlees"-opsies van jou stelsel se verstek sigblad-toepassing oop te maak wat geassosieer word met Comma Separated Value-lêertipe (*.csv) lêertipes (bv. Microsoft Excel, LibreOffice,  Apache OpenOffice, Ultra Office, ens. Jy sal dalk die "Skeidingsimbool Opsies - Geskei deur" op die "Teks Inlees"-skerm op "Tabblad" moet stel.
  1. Klik op die Stoor-knoppie. Dit sal die uitgevoerde lêer outomaties oopmaak (begin) in die program wat met die geselekteerde lêertipe geassosieer word.

Uitvoerlêer in Microsoft Excel oopgemaak

In hierdie voorbeeld word die uitgevoerde "Export.txt"-lêer outomaties in "Microsoft Excel" oopgemaak:


Oopitem koppel - Totale-oortjie - Sigblad-kolomme

'n Voorbeeld van die uitgevoer lêer wat in "Microsoft Excel" sigblad oopgemaak is, is soos volg: 

Die eerste 6 rye sal die volgende vertoon: 

  • Ry 1 - Datum en tydstempel waarop die uitvoerlêer geskep is. 
  • Ry 2 - Grootboek - WAAR - Ingesluit in die uitvoerlêer, indien rekening gestel is as "Oopitem rekening". Indien ONWAAR - Grootboekrekeninge is nie in die Filter opsies gekies nie. 
  • Ry 3 - Debiteure - WAAR - Ingesluit in die uitvoerlêer, indien rekening gestel is as "Oopitem rekening" Indien ONWAAR - Debiteurerekeninge nie in die Filter opsies gekies is nie. 
  • Ry 4 - Krediteure - WAAR - Ingesluit in die uitvoerlêer, indien rekening gestel is as "Oopitem rekening" Indien ONWAAR - Krediteurerekeninge nie in die Filter opsies gekies is nie. 
  • Ry 5 - Leeg. 
  • Ry 6 - Kolom-opskrifte. 

Die uitgevoerde data sal in 11 kolomme uitgevoer word:

Kolom

Kolom-opskrifte

Bron / velde

Opmerkings

A

Rekening

Rekeningkode / Rekeningnr.

Grootboek word voorafgegaan deur rekeningtipe:

G = Grootboek 

B = Bank

T = BTW

B

Beskrywing


Naam (Rekening beskrywing)

C

Rekeningtipe 


1 = Debiteure

2 = Krediteure

0 = Grootboek 

3 = Bank

4 = BTW

D

Transaksietotaal



E

Totaal uitstaande 



F



Nie in gebruik nie.

G

Kontakpersoon


Slegs die voornaam van die kontakpersoon.

H

Adres


Posadres 1

I

Adres 2


Posadres 2

J

Tel 1


Telefoon 1

K

Tel 2


Telefoon 2

Kolomme G tot K - Die kontakbesonderhede (Kontakpersoon, Adres, Adres2, Telefoon1 en Telefoon2) is slegs van toepassing op debiteure- (kliënt / klant) rekeninge (Rekeningtipe 1) en krediteure (verskaffer) rekeninge (Rekeningtipe 2).

Kolomme G tot K - sal leeg wees vir die volgende rekeningtipes: 

G

Algemene grootboek (Rekeningtipe 0)


B

Bank (Rekeningtipe 3)


T

BTW (Rekeningtipe 4)