Oopitem - Transaksies-oortjie - Uitvoer na Sigblad
Die Transaksie-oortjie sal alle transaksies vir elke oopitem rekening lys. Dit sal ook die uitstaande bedrag (verskuldigde bedrag) vir elke transaksie lys. Jy kan die filter- en soek-opsies gebruik om die data wat by jou uitvoerlêer ingesluit moer word, te stel en die data, in 'n sigblad uitvoer en oopmaak.
Uitvoer opsies
Om oopitem transaksies uit te voer:
- Op die Verstek-duimgids, kies Oopitem koppel. Die Totale-oortjie sal by verstek vertoon word.
- Kliek op die Transaksie-oortjie.
- Kies die rekeningtipes, d.w.s. algemene grootboek rekening en/of debiteur (kliënt / klant) rekening en/of 'n krediteur (verskaffer) rekening op die Totale-oortjie of Transaksies-oortjie wat jy by die uitvoerlêer wil insluit.
|
|
Jy mag:
|
- Kliek op die Filter knoppie om alle rekeninge (vir die geselekteerde rekeningtipes) wat as oopitem rekening gestel is, en waarteen transaksies in joernale en / of dokumente geposteer is, te lys.

- Klik op die Uitvoer-knoppie.

- Kies die gids waarin jy die lêer wil stoor en voer 'n lêernaam in
|
|
As jy nie die Export.txt-lêernaam insleutel en stoor nie, kan jy bestaande (voorheen uitgevoer) lêers oorskryf. As 'n bestaande uitvoerlêer oopgemaak is, en jy probeer om 'n uitvoerlêer met dieselfde naam te stoor, sal 'n soortgelyke fout-boodskap as die volgende vertoon word: "Cannot create file "D:\UITVOER\Export.txt". The process cannot access the file because it is being used by another process." |
- Kies die tipe lêer. Tekslêers "Text files" (*.txt) is die verstek; of kies CSV-lêers (*.csv) (Comma Separated Values).
|
|
|
- Klik op die Stoor-knoppie. Dit sal die uitgevoerde lêer outomaties oopmaak (begin) in die program wat met die geselekteerde lêertipe geassosieer word.
Uitvoerlêer in Microsoft Excel oopgemaak
In hierdie voorbeeld word die uitgevoerde "Export.txt"-lêer outomaties in "Microsoft Excel" oopgemaak:

Oopitem koppel - Transaksie-oortjie - Sigblad-kolomme
'n Voorbeeld van die uitgevoer lêer wat in "Microsoft Excel" sigblad oopgemaak is, is soos volg:
Die eerste 6 rye sal die volgende vertoon:
- Ry 1 - Datum en tydstempel waarop die uitvoerlêer geskep is.
- Ry 2 - Grootboek - WAAR - Ingesluit in die uitvoerlêer, indien rekening gestel is as "Oopitem rekening". Indien ONWAAR - Grootboekrekeninge is nie in die Filter opsies gekies nie.
- Ry 3 - Debiteure - WAAR - Ingesluit in die uitvoerlêer, indien rekening gestel is as "Oopitem rekening" Indien ONWAAR - Debiteurerekeninge nie in die Filter opsies gekies is nie.
- Ry 4 - Krediteure - WAAR - Ingesluit in die uitvoerlêer, indien rekening gestel is as "Oopitem rekening" Indien ONWAAR - Krediteurerekeninge nie in die Filter opsies gekies is nie.
- Ry 5 - Leeg.
- Ry 6 - Kolom-opskrifte.
Die uitgevoerde data sal in 16 kolomme uitgevoer word:
|
Kolom |
Kolom-opskrif |
Bron / velde |
Opmerkings |
|
A |
Rekening |
Rekeningkode / Rekeningnr. |
Grootboek word voorafgegaan deur rekeningtipe: G = Grootboek B = Bank T = BTW |
|
B |
Beskrywing |
Naam (Rekening beskrywing) |
|
|
C |
Verwysing |
Joernale = Verwysing ingevoer in verwysings-kolomme van joernaalinvoer-skerms Dokumente = Dokumentnommer |
|
|
D |
Joernale |
Joernale = Beskrywing ingevoer in Beskrywing-kolomme van Joernaalinvoer-skerms Dokumente = Dokumentnommer / Jou verwysing (op dokument-kop) |
|
|
E |
Transaksietotaal |
Totaal van transaksies |
|
|
F |
Verskuldig |
Totaal uitstaande |
|
|
G |
Datum verskuldig |
Datum verskuldig |
(Gewoonlik 30 dae na die dokumentdatum) |
|
H |
Datum |
Datum van die transaksie / Datum van die dokument |
|
|
I |
Rekeningtipe |
1 = Debiteure 2 = Krediteure 0 = Grootboek 3 = Bank 4 = BTW |
|
|
J |
* - |
Rekening ID |
|
|
K |
* Kontakpersoon |
Transaksie ID |
|
|
L |
* Adres |
Slegs die voornaam van die kontakpersoon. |
|
|
M |
* Adres 2 |
Posadres 1 |
|
|
N |
* Tel 1 |
Posadres 2 |
|
|
O |
* Tel 2 |
Telefoon 1 |
|
|
P |
* - |
Telefoon 2 |
|
* Kolom-opskrifte buite lyn in sigbladuitvoer, aangesien kolom J nie 'n kolomopskrif insluit nie.
Kolomme L tot P - Die kontakbesonderhede (Kontakpersoon, Adres, Adres2, Telefoon1 en Telefoon2) is slegs van toepassing op debiteure- (kliënt / klant) rekeninge (Rekeningtipe 1) en krediteure (verskaffer) rekeninge (Rekeningtipe 2).
Kolomme L tot P - sal leeg wees vir die volgende rekeningtipes:
|
G |
Algemene grootboek (Rekeningtipe 0) |
|
|
B |
Bank (Rekeningtipe 3) |
|
|
T |
BTW (Rekeningtipe 4) |
|


