Om wederkerende transaksies in te sleutel:  

  1. Op die Verstek-duimgids, kliek op RedigeerWederkerende transaksies

  1. Kies die "Algemene jnl". 
  2. Kliek Maak oop.

Die volgende dui daarop dat jy 'n wederkerende joernaal geopen het:

  • ***Wederkerende Transaksies*** word na die naam van die joernaaltipe vertoon. 
  • Geen joernaalnaam (alias) word in dié joernaalinvoer skerm se titelbalk vertoon nie.  
  • Die joernaalnaam (alias) sal nie gestoor word nie, aangesien wederkerende transaksies slegs vir vir 'n spesifieke (een per joernaaltipe) joernaaltipe geprosesseer kan word.    
  • Die agtergrond van die transaksiereëls sal in 'n pienk-skakering vertoon word.
  1. Kliek F10:Opstel om die opsies vir dié joernaal te stel.

  1. Stel die opsies vir dié wederkerende transaksies in die algemene joernaal soos volg:
    1. Kontrarekening - Kliek op die Opsoek knoppie en kies “Depresiasie - 205-000”. 
    2. Geen BTW - Merk dié opsie aangesien geen BTW op hierdie transaksies van toepassing is nie.
    3. Bedraginvoer - Merk "Krediet" aangesien bedrae in hierdie voorbeeld, slegs in die krediet-kolom ingevoer sal word.

 Kliek op die Gevorderd-oortjie. 

  1. Laat alle velde blanko en maak seker dat die “Algemene grootboek” in die “Rekening opsoektipe” sowel as die “Kontrarekening opsoektipe” opsie gestel is, aangesien jy geen debiteur- of krediteurrekeninge vir depresiasietransaksies hoef te kies nie. 
  2. Kliek Goed.
  3. Sleutel die volgende wederkerende transaksies in:

Verwysingsnr.

Datum

Beskrywing

Rekening

KT

DE2203

2022/03/31

Depresiasie-Meublement

600-020 Meublement - Opgehoopte depresiasie

50.00

DE2203

2022/03/31

Depresiasie- Voertuie-Merc

610-020 Motorvoertuie -  Opgehoopte depresiasie

75.00

DE2203

2022/03/31

Depresiasie-Voertuie-Afleweringswa

610-020 Motorvoertuie – Opgehoopte depresiasie 

25.00

  1. Die wederkerende transaksies, in die algemene joernaal, behoort soos volg te vertoon: 

  1. Kliek F5:Balanseer. Balanserende transaksies sal soos volg gegenereer word:

  1. Kliek F8:Lys om 'n lys van transaksies in dié joernaal te druk. 

Dié joernaallys sal nie die Alias (Joernaalnaam) veld vertoon word nie; aangesien die Alias (Joernaalnaam) nie verander kan word nie. 

Die Alias (Joernaalnaam) vir die joernaaltipe sal vertoon word. In dié voorbeeld word dit as Joernaal: Algemene  Jnl. vertoon word.   

  1. Druk die Esc sleutel om die wederkerende joernaal toe te maak.