Uitvoer - Dokumente (Opstel-duimgids)
Jy kan die data vir verkoopsdokumente (Fakture, Kredietnotas en Kwotasies) sowel as aankoopdokumente (Aankope, Verskafferretoere en Bestellings) vir geselekteerde datums of periodes in 'n oop Stel Boeke uitvoer na die beskikbare lêerformate.
Om die data vir voorraaditems te kan invoer in Invoer (Opstel-duimgids), moet jy 'n geldige XML-databasis-lêerformaat op jou stelsel geskep het in Uitvoer (Opstel-duimgids).
Om dokumente uit te voer:
- Op die Opstel-duimgids, kies Uitvoer.
- Kliek op Dokumente.

- Kies en / of sleutel die volgende in:
- Uitvoer na - By verstek sal die gids of plek waar osFinancials5 geïnstalleer is, vertoon word. Kliek op die Rondsoek-ikoon om 'n plek in die "Browse for Folder"-skerm te kies waar jy dié uitvoer lêer wil stoor.
- Lêertipe - Kies dié "( *.XML ) - XML Database"-lêertipe.
- Lêernaam - Tik 'n lêernaam in. Jy moet die uitvoerlêer kies wanneer jy die data wil invoer of in 'n sigblad wil oopmaak en ontleed.
- Loglêer - Tik 'n lêernaam in.
- Reeks - Vanaf / Tot - Kies die datums om by die uitvoerlêer in te sluit.
- Kliek Uitvoer om die uitvoerlêer te skep dit in die gespesifiseerde gids te stoor.