Uitvoer - Debiteure - (teks-lêer)
Jy kan data vir debiteure (kliënte / klante) se rekeninge vanaf 'n geldige lêerformaat in 'n bestaande Stel Boeke uit te voer.
Om die data vir debiteure (kliënte / klante) se rekeninge te kan invoer, moet jy 'n "Tab-geskeide"/ "Tab delimited" (*.txt) uitvoerlêer in Uitvoer (Opstel-duimgids) skep.
Jy sal dan die "Tab-geskeide" / "Tab delimited" (*.txt) uitvoerlêer kan kies om die data te kan invoer (Invoer - op die Opstel-duimgids).
|
|
Onaktiewe debiteure (kliënte / klante) se rekeninge ("Rekening onaktief" veld gemerk op die Rekeninginligting-oortjie) sal by die uitvoerlêer ingesluit word nie. |
Om 'n uitvoerlêer vir debiteure (kliënte / klante) se rekeninge te skep:
- Op die Opstel-duimgids, kies Uitvoer.
- Kies Debiteure.

- Kies en / of sleutel die volgende in:
- Uitvoer na - By verstek sal die gids of plek waar osFinancials5 geïnstalleer is, vertoon word. Kliek op die Rondsoek-ikoon om 'n plek in die "Browse for Folder"-skerm te kies waar jy dié uitvoer lêer wil stoor.
- Lêertipe - Kies dié "( *.txt ) - Tab delimited" lêertipe.
|
|
Dit word aanbeveel dat die "(*.txt) Tab delimited" lêertipe gekies word om debiteure (kliënte / klante) se rekeninge in te voer. Dit sal die volgende uitvoer-lêertipes vir die uitvoer-lêernaam skep: *.txt - Tab delimited tekslêer - Aanbeveel vir Invoer op die Opstel-duimgids. *.slk - Kan oopgemaak word in 'n sigblad-toepassing van LibreOffice, OpenOffice of UltraOffice). Jy kan dit stoor as 'n Microsoft Excel-lêer. *.xml - Kan oopgemaak word in jou stelsel se verstek webblaaier of Notablok ("Notepad"). |
|
|
Die volgende lêerformate is beskikbaar om van te kies,:" ( * Xml ) Xml Database, ( *CSV ) Comma Delimited File., ( *WK1 ) Lotus Spreadsheet File, ( *XLS ) MS Excel Spreadsheet, ( *TXF ) TurboCASH Exchange File, ( *SLK ) SYLK SpreadDheet Format, ( *SXC ) OpenOffice SpreasSheet format ( *txt ) Tab delimited". |
- Lêernaam - Tik 'n lêernaam in. Jy moet die uitvoerlêer kies wanneer jy die data wil invoer of in 'n sigblad wil oopmaak en ontleed.
- Loglêer - Tik 'n lêernaam in.
- Reeks - Vanaf / Tot - Kies die rekeninge om by die uitvoerlêer in te sluit.
- "Increment Export" - Moet nie kies (merk) nie.
- Kliek Uitvoer om die uitvoerlêer te skep dit in die gespesifiseerde gids te stoor.
|
|
Die inligting vir die Debiteure (kliënte / klante), wat uitgevoer sal word, is:
|

