Hierdie opsie sal jou toelaat om data vir Grootboekrekeninge (Tabel van rekeninge) vanaf 'n geldige lêerformaat in 'n bestaande Stel Boeke in te voer. Om die data vir Grootboekrekeninge te kan invoer, moet jy 'n "Tab-geskeide" Tab delimited" (*.txt) uitvoerlêer in Uitvoer (Opstel-duimgids) geskep het.

Om rekeninge in 'n Stel Boeke in te voer: 

  1. Op die Opstel-duimgids, kies Invoer

  1. Kies Rekeninge as die "Tipe data om in te voer".
  2. Kies die, "Tab delimited" - Lêerformaat. Dit sal 'n Teks (*.txt) lêerformaat skep wat gebruik kan word om data in te voer.

Die opsie sal ook SLK, XML Database File (*.XML) lêerformate skep en in jou Uitvoer gids stoor.

Ander lêerformate is ook beskikbaar om te kies, naamlik:" (*.TXF) TurboCASH Exchange File , (*.WK1) Lotus Spreadsheet File, (*.Xml) Xml Database, Comma separated values" en "Windows list separator values" lêerformate.

  1. Klik op die knoppie.  

  1. Klik op die knoppie om die datalêer op jou stelsel te kies.   

Opsioneel - Jy kan op die Besigtig lêer-knoppie klik om die lêer te sien in jou stelsel se verstekprogram (program) wat met die uitgevoerde lêertipe geassosieer word. 'n Voorbeeld van die uitgevoer "Tab delimited" tekslêer is soos volg:

  1. Klik op die knoppie.  

  1. Klik op die Invoer knoppie. Die "ImportCheck" skerm sal jou Tabel van rekeninge lys: 

Jy kan die rekord-knoppies gebruik om die rekeninge op die "ImportCheck"-skerm by te voeg, te skrap of te verander. Jy kan dan op die "All" of OK knoppies klik om die rekeninge in te voer.

Die waardes van die data in die "ImportCheck"-skerm, wat die algemene grootboekrekeninge lys, is soos volg:

  • ACCOUNTTYPEID - Rekeningtipe - 0=Algemene groorboek, 3=Bankrekeninge en 4=BTW-rekeninge. 
  • SDESCRIPTION - Rekeningbeskrywing (Naam). 
  • SACCOUNTCODE - Rekeningnommer (Kode). 
  • BINCOMEEXPENSE - 1=Inomste / Uitgawes, 2=Algemene grootboek (BTW en Bankrekeninge is by verstek balansstaat tipe rekeninge). 
  • BSUBACCOUNTS - 1=Sub-rekeninge, 0=Geen Sub-rekeninge.
  • BOPENITEM - Waardes in kolom is leeg.
  • BINACTIVE - Waardes in kolom is leeg. 
  • SGroup1 - Rekeninggroep 1 Beskrywing.
  • SGroup2 - Rekeninggroep 2 Beskrywing
  • DSTARTDATE - Begindatum - (slegs van toepassing op rekeningtipe 4 (d.i.. BTW-rekeninge)). 
  • DENDDATE - Einddatum - (slegs van toepassing op rekeningtipe 4 (d.i.. BTW-rekeninge)). 
  • FRATE - BTW- (Persentasie) - (slegs van toepassing op rekeningtipe 4 (d.i.. BTW-rekeninge)). 
  • SReceipt - Ontvangstejoernaal - (slegs van toepassing op rekeningtipe 3 (d.i.. Bankrekeninge)).
  • SPayment - Betalingsjoernaal -  (slegs van toepassing op rekeningtipe 3 (d.i.. Bankrekeninge)). 
  • SCurrency - Wisselkoerse (Nie in gebruik nie). 

BOPENITEM-kolom is leeg. Alle rekeninge waarvoor die "Oop item rekening" as "Ja" gestel is, is op "Nee" gestel, is leeg. Dit sal enige oopitem-rekeninge as normale rekeninge invoer. Jy sal dalk hierdie rekeninge moet identifiseer en stel as 'n "Oopitem-rekening".

BINACTIVE-kolom is leeg. Alle rekeninge waarvoor die "Status" op "Onaktief" gestel is, is leeg. Dit sal enige "De-aktiveerde (onaktiewe) rekeninge as "Geaktiveerde" (aktiewe) rekeninge invoer. Jy moet besluit of jy hierdie rekeninge skrap; of stel hulle as "Onaktief" nadat hierdie rekeninge ingevoer is. 

Bankrekeninge - WACCOUNTTYPEID kolom is "3". As bankrekeninge ingevoer word, sal dit betalings- en ontvangste-joernale vir elke bankrekening skep, afhangende van die "Verstek bankrekonsiliasie metode"-instelling (Opstel - Dataparameters op die Opstel-duimgids). Jy kan kies om die bankrekeninge op die "ImportCheck"-skerm te skrap. 

As hierdie bankrekeninge nie op die "ImportCheck"-skerm geskrap word nie, sal dit die bankrekeninge invoer, sowel as die betalings- en ontvangste-joernale wat met elk van die bankrekeninge geassosieer word. Jy sal dan dalk hierdie bankrekeninge moet skrap, sowel as die gepaardgaande betalings- en ontvangste-joernale wat met elk van die bankrekeninge geassosieer word, en jou eie bankrekeninge en geassosieerde betalings- en ontvangste-joernale skep (byvoeg).

  1. Sodra die invoerproses voltooi is, sal 'n inligting-boodskap vertoon word.

" Datalêer invoer afgehandel!

  1. Kliek Goed
  2. Gaan na die Verslae-duimgids en kies Verslae → Grootboek  → Lys om te kontroleer dat die grootboekrekeninge korrek ingevoer is. 

Geblokkeerde rekeninge - As rekeningstatus op "Onaktief" gestel was, sal hierdie rekeninge se status as "Aktief" ingevoer word. Byvoorbeeld, as jy die belastingkoerse verander het en nie hierdie ou rekeninge wil gebruik nie, kan jy hierdie rekeninge skrap of hulle deaktiveer (onaktief stel). 

Die Verslagdoeningsgroepe vir Rekeninggroepe 1 en Rekeninggroep 2 sal ook in die Opstel → Groepe ingevoer word.

  1. As jy die grootboekrekeninge moet wysig, gaan na die Opstel-duimgids en kies Opstel → Rekeninge. 

Aksies nadat rekeninge ingevoer is

De-aktiveerde (Onaktiewe) rekeninge 

Alle rekeninge waarvoor die "Status" op "Onaktief" gestel was, is as "Geaktiveerde" (aktiewe) rekeninge ingevoer. Nadat die rekeninge ingevoer moet jy besluit of jy hierdie rekeninge wil: 

  • Indien jy nie die onaktiewe rekeninge wil gebruik nie, kan jy dit skrap; of;
  • Die onaktiewe rekeninge wat as "Aktief" ingevoer is, se "Status" wil behou wil behou. Indien nie, moet jy die "Status" as "Onaktief" stel is. 

BTW-rekeninge / -kodes

Dit is belangrik om die Belasting (BTW)-rekeninge en Belasting persentasies na te gaan, voordat jy enige transaksies in joernale en/of dokumente verwerk.

Skrap en Herskep BTW-rekeninge met ontbrekende BTW-oortjie

Die Belasting-oortjie op die eerste Belastingkode (bv. Uitset BTW - 14% (T850010) en Uitset BTW - 15% (T850010) ontbreek na invoer.


Kies die BTW-kode (d.i. T860010) en kopieer die beskrywing, d.i. Uitset BTW - 15%) na jou "clipboard". 

Kliek op die Skrap-ikoon

Kies die BTW-hoofrekening (d.i. BTW - Kontrolerekening BTW - 15%) (hoofrekening).

Klik op die Byvoeg-ikoon


'n Nuwe Grootboekrekening sal bygevoeg word. Kies die volgende:

  1. Rekeningtipe - Kies BTW. 
  2. Rekeningnommer - Vervang die "000" in die Sub-rekening seksie met "010". Jy mag dieselfde subrekeningkode gebruik as die geskrapte BTW-rekening.
  3. Beskrywing - Sleutel in of plak  "paste from your clipboard" die naam van die geskrapte rekening (d.i. Uitset BTW - 15%) .
  4. Op die BTW-oortjie, sleutel die Persentasie (e.g. 15) in en kliek op Stoor.

Nul-koersbelasting (BTW) rekeninge - Bevestig Zero persentasie

Nul-koersbelasting (BTW) met 'n belastingpersentasie van "0%" kan leeg wees. Op die BTW-Kodelys - BTW-koerse (Gebruikerverslae → Tax op die Verslae-duimgids), sal Belastingpersentasies met 'n nulkoers as 'n leë persentasie ingevoer word. Dit kan veroorsaak dat die nul-koers belasting (BTW) wat in die verwerking van transaksies in Joernale en/of Dokumente gekies is, nie korrek op belastingverslae vertoon word nie.


Om dit reg te stel; kies die nulkoers BTW rekening. 

Oortik die belasting persentasie met "0" en kliek Stoor.

Nadat die nulkoers "0" belastingpersentasies (belastingkoerse) bevestig is, moet die belastingkoerse korrek as "0" persentasie gelys word.

Skrap / Skep Bankrekeninge 

Indien Bankrekeninge ingevoer word, sal dit 'n Betalings-joernaal/ Ontvangste-joernaal vir elke Bankrekening / Kleinkas-rekening skep. Dit word aanbeveel dat die Bankrekeninge, sowel as die Ingevoerde joernaaltipes geskrap en herskep word. As 'n leë Stel Boeke geskep is; gebruik die "Pasmaak jou eie Stel Boeke (Gevorderd)?" opsie op die "Skeppingsassistent", die instelling vir die Bank invoer inprop, sal geaktiveer word. Dit beteken dat die "Verstek bankrekonsiliasie metode"-opsie nie by verstek gekies is nie (Opstel → Dataparameters) en die Bankrekening sal gekoppel word aan 'n gekombineerde betalings- en kwitansie-joernaal.


As jy nie die Bank invoer inprop wil gebruik om bankstate in te voer nie, (en bank-transaksies met die hand te verwerk is 'n aparte Betalings- en Ontvangste-joernaal), moet die "Verstek bankrekonsiliasie metode" opsie gekies word (Opstel → Dataparameters).