Grafiek - Fakture - Kredietnotas per maand
|
|
Die Grafiek-funksionaliteit vir elke dokumenttipe (d.w.s. Fakture of Kredietnotas) in Dokumente op die (Verstek-duimgids), stel jou in staat om jou fakture en kredietnotas in 'n grafiek te filter, te ontleed en deur verskeie opsies in te sluit of uit te sluit in die grafiek, d.w.s.:
|
Die volgende twee (2) grafieke kan gekies word, om jou fakture en kredietnotas vir 'n spesifieke periode te ontleed en te analiseer:
- Grafiek - Verkope per maand - Hoeveelhede - Vertoon die aantal of hoeveelhede op jou fakture en kredietnotas per maand in 'n staafgrafiek.
- Grafiek - Verkope per maand - Bedrag - Vertoon die totale bedrag (BTW-uitgesluit) op jou fakture en kredietnotas per maand in 'n staafgrafiek.
|
|
Hierdie grafiek sluit slegs fakture en kredietnotas in wat geposteer (na die grootboek opgedateer) is in. Ongeposteerde fakture en kredietnotas sal NIE by hierdie verslag ingesluit word nie. Om 'n lys van ongeposteerde dokumente te sien, wat nie na die grootboek opgedateer is nie, gaan na Invoer → Soek vir ongeposteerde items (Verstek-duimgids). |
Grafiek - Fakture - Kredietnotas per maand opsies
Om 'n Grafiek vir jou fakture en kredietnotas per maand te druk:
- Op die Verslae-duimgids, kies Gebruikerverslae → Grafieke → Grafieke per maand → Verkope → Verkope per periode.
- Die "Grafiek - Fakture - Kredietnotas per maand - Hoeveelhede" is die verstek verslag. Jy kan ook die "Grafiek - Fakture - Kredietnotas per maand - Bedrag" kies.

- Per periode - Kies 'n periode. Jy kan ook op die Per datum(s)-oortjie kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies.
- Kliek Goed.
Gedruk : Grafiek - Fakture - Kredietnotas per maand - Hoeveelhede
'n Voorbeeld van die "Grafiek - Fakture - Kredietnotas per maand - Hoeveelhede", is soos volg:

Die besonderhede, is soos volg:
- Vertikale as - Die totale hoeveelhede van items op fakture en kredietnotas per maand.
- Horisontale as - Die maand in die kalender jaar in die formaat "YYYYMM".
- Totale - Fakture - Die totale aantal eenhede van die fakture en kredietnotas vir die geselekteerde periode.
Gedruk : Grafiek - Fakture - Kredietnotas per maand - Bedrag
'n Voorbeeld van die "Grafiek - Fakture - Kredietnotas per maand - Bedrag", is soos volg:

Die besonderhede, is soos volg:
- Vertikale as - Die totale bedrag (BTW uitgesluit) van die fakture en kredietnotas per maand.
- Horisontale as - Die maand in die kalender jaar in die formaat "YYYYMM".
- Totale - Fakture - Die totale bedrag (BTW uitgesluit) van die fakture en kredietnotas vir die geselekteerde periode.

