Die Grafiek-funksionaliteit vir elke dokumenttipe (d.w.s. Kredietnotas) in Dokumente op die (Verstek-duimgids), stel jou in staat om jou kredietnotas in 'n grafiek te filter, te ontleed en deur verskeie opsies in te sluit of uit te sluit in die grafiek, d.w.s.: 

  • Dokumenttipes - Kies die Kredietnotas-dokumenttipe. 
  • Dokument status - Kies Alle, Geposteer of Ongeposteer. 
  • Filteropsies - Kies die verskillende opsies om data in of uit te sluit wat by die grafiek ingesluit moet word, ens.

Die volgende twee (2) grafieke kan gekies word, om jou kredietnotas vir 'n spesifieke periode te ontleed en te analiseer:

  • Grafiek - Kredietnotas per week - Hoeveelhede - Vertoon die aantal of hoeveelhede op jou kredietnotas per week in 'n staafgrafiek. 
  • Grafiek - Kredietnotas per week - Bedrag - Vertoon die totale bedrag (BTW-uitgesluit) op jou kredietnotas per week in 'n staafgrafiek. 

Hierdie grafiek sluit slegs kredietnotas in wat geposteer (na die grootboek opgedateer) is in. Ongeposteerde kredietnotas sal NIE by hierdie verslag ingesluit word nie.

Om 'n lys van ongeposteerde dokumente te sien, wat nie na die grootboek opgedateer is nie, gaan na Invoer → Soek vir ongeposteerde items (Verstek-duimgids).

Grafiek - Kredietnotas per week opsies

Om 'n Grafiek vir jou kredietnotas per week te druk: 

  1. Op die Verslae-duimgids, kies Gebruikerverslae → Grafieke → Grafieke per week → Verkope → Kredietnotas per periode.
  2. Die "Grafiek - Kredietnotas per week - Hoeveelhede" is die verstek verslag. Jy kan ook die  "Grafiek - Kredietnotas per week - Bedrag" kies. 

  1. Per periode - Kies 'n periode. Jy kan ook op die Per datum(s)-oortjie kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies. 
  2. Kliek Goed

Gedruk : Grafiek - Kredietnotas per week - Hoeveelhede

'n Voorbeeld van die "Grafiek - Kredietnotas per week - Hoeveelhede", is soos volg:

Die besonderhede, is soos volg:

  1. Vertikale as - Die totale hoeveelhede van items op kredietnotas per week.   
  2. Horisontale as - Die nommer van die week in die aantal weke in die kalender jaar (1 tot 52). 
  3. Totale - Kredietnotas - Die totale aantal eenhede van die kredietnotas vir die geselekteerde periode.

Gedruk : Grafiek - Kredietnotas per week - Bedrag

'n Voorbeeld van die "Grafiek - Kredietnotas per week - Bedrag", is soos volg:

Die besonderhede, is soos volg:

  1. Vertikale as - Die totale bedrag (BTW uitgesluit) van die kredietnotas per maand.   
  2. Horisontale as - Die nommer van die week in die aantal weke in die kalender jaar (1 tot 52). 
  3. Totale - Kredietnotas - Die totale bedrag (BTW uitgesluit) van die kredietnotas vir die geselekteerde periode.