Die Grafiek-funksionaliteit vir elke dokumenttipe (d.w.s. Aankope) in Dokumente op die (Verstek-duimgids), stel jou in staat om jou aankope in 'n grafiek te filter, te ontleed en deur verskeie opsies in te sluit of uit te sluit in die grafiek, d.w.s.: 

  • Dokumenttipes - Kies die Aankope-dokumenttipe. 
  • Dokument status - Kies Alle, Geposteer of Ongeposteer. 
  • Filteropsies - Kies die verskillende opsies om data in of uit te sluit wat by die grafiek ingesluit moet word, ens.

Die volgende twee (2) grafieke kan gekies word, om jou aankope vir 'n spesifieke periode te ontleed en te analiseer:

  • Grafiek - Aankope per maand - Hoeveelhede - Vertoon die aantal of hoeveelhede op jou aankope per maand in 'n staafgrafiek. 
  • Grafiek - Aankope per maand - Bedrag - Vertoon die totale bedrag (BTW-uitgesluit) op jou aankope per maand in 'n staafgrafiek. 

Hierdie grafiek sluit slegs aankope in wat geposteer (na die grootboek opgedateer) is in. Ongeposteerde aankope sal NIE by hierdie verslag ingesluit word nie.

Om 'n lys van ongeposteerde dokumente te sien, wat nie na die grootboek opgedateer is nie, gaan na Invoer → Soek vir ongeposteerde items (Verstek-duimgids).

Grafiek - Aankope per maand opsies

Om 'n Grafiek vir jou aankope per maand te druk: 

  1. Op die Verslae-duimgids, kies Gebruikerverslae → Grafieke → Grafieke per maand → Aankope → Aankope per periode..
  2. Die "Grafiek - Aankope per maand - Bedrag" is die verstek verslag. Jy kan ook die  "Grafiek - Aankope per maand - Hoeveelhede" kies. 

  1. Per periode - Kies 'n periode. Jy kan ook op die Per datum(s)-oortjie kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies. 
  2. Kliek Goed

Gedruk : Grafiek - Aankope per maand - Bedrag

'n Voorbeeld van die "Grafiek - Aankope per maand - Bedrag", is soos volg:

Die besonderhede, is soos volg:

  1. Vertikale as - Die totale bedrag (BTW uitgesluit) van die aankope per maand.   
  2. Horisontale as - Die maand in die kalender jaar in die formaat "YYYYMM".
  3. Totale - Aankope - Die totale bedrag (BTW uitgesluit) van die aankope vir die geselekteerde periode.

Gedruk : Grafiek - Aankope per maand - Hoeveelhede

'n Voorbeeld van die "Grafiek - Aankope per maand - Hoeveelhede", is soos volg:

Die besonderhede, is soos volg:

  1. Vertikale as - Die totale hoeveelhede van items op aankope per maand.   
  2. Horisontale as - Die maand in die kalender jaar in die formaat "YYYYMM".
  3. Totale - Aankope - Die totale aantal eenhede van die aankope vir die geselekteerde periode.