Die Grafiek-funksionaliteit vir elke dokumenttipe (d.w.s. Verskafferretoere) in Dokumente op die (Verstek-duimgids), stel jou in staat om jou Verskafferretoere in 'n grafiek te filter, te ontleed en deur verskeie opsies in te sluit of uit te sluit in die grafiek, d.w.s.: 

  • Dokumenttipes - Kies die Verskafferretoere-dokumenttipe. 
  • Dokument status - Kies Alle, Geposteer of Ongeposteer. 
  • Filteropsies - Kies die verskillende opsies om data in of uit te sluit wat by die grafiek ingesluit moet word, ens.

Die volgende twee (2) grafieke kan gekies word, om jou verskafferretoere vir 'n spesifieke periode te ontleed en te analiseer:

  • Grafiek - Verskafferretoere per maand - Hoeveelhede - Vertoon die aantal of hoeveelhede op jou verskafferretoere per maand in 'n staafgrafiek. 
  • Grafiek - Verskafferretoere per maand - Bedrag - Vertoon die totale bedrag (BTW-uitgesluit) op jou verskafferretoere per maand in 'n staafgrafiek. 

Hierdie grafiek sluit slegs verskafferretoere in wat geposteer (na die grootboek opgedateer) is in. Ongeposteerde verskafferretoere sal NIE by hierdie verslag ingesluit word nie.

Om 'n lys van ongeposteerde dokumente te sien, wat nie na die grootboek opgedateer is nie, gaan na Invoer → Soek vir ongeposteerde items (Verstek-duimgids).

Grafiek - Verskafferretoere per maand opsies

Om 'n Grafiek vir jou verskafferretoere per maand te druk: 

  1. Op die Verslae-duimgids, kies Gebruikerverslae → Grafieke → Grafieke per maand → Aankope → Verskafferretoere per periode..
  2. Die "Grafiek - Verskafferretoere per maand - Bedrag" is die verstek verslag. Jy kan ook die "Grafiek - Verskafferretoere per maand - Hoeveelhede" kies. 

  1. Per periode - Kies 'n periode. Jy kan ook op die Per datum(s)-oortjie kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies. 
  2. Kliek Goed

Gedruk : Grafiek - Verskafferretoere per maand - Hoeveelhede

'n Voorbeeld van die "Grafiek - Verskafferretoere per maand - Hoeveelhede", is soos volg:

Die besonderhede, is soos volg:

  1. Vertikale as - Die totale hoeveelhede van items op verskafferretoere per maand.   
  2. Horisontale as - Die maand in die kalender jaar in die formaat "YYYYMM".
  3. Totale - Verskafferretoere - Die totale aantal eenhede van die verskafferretoere vir die geselekteerde periode.

Gedruk : Grafiek - Verskafferretoere per maand - Bedrag

'n Voorbeeld van die "Grafiek - Verskafferretoere per maand - Bedrag", is soos volg:

Die besonderhede, is soos volg:

  1. Vertikale as - Die totale bedrag (BTW uitgesluit) van die verskafferretoere per maand.   
  2. Horisontale as - Die maand in die kalender jaar in die formaat "YYYYMM".
  3. Totale - Verskafferretoere - Die totale bedrag (BTW uitgesluit) van die verskafferretoere vir die geselekteerde periode.