Die "Balanse" ouderdomsontleding verslag, is soortgelyk aan die "Balanse detail" verslag. Die Balanse verslag sal geen detail of transaksies druk nie, maar slegs die totale vir elke krediteur (verskaffer) vir die gespesifiseerde ontledings datums en periodes.

Hierdie verslag sluit slegs joernale en dokumente in wat geposteer (na die grootboek opgedateer) is in. Ongeposteerde joernale en dokumente sal NIE by hierdie verslag ingesluit word nie.

Om 'n lys van ongeposteerde joernale en dokumente te sien, wat nie na die grootboek opgedateer is nie, gaan na Invoer → Soek vir ongeposteerde items (Verstek-duimgids).

Krediteur ouderdomsontleding - Balanse opsies

Om 'n Ouderdomsontleding verslag - Balanse vir krediteure te druk:

  1. Op die Verslae-duimgids, kies Gebruikerverslae → Krediteure → Ouderdomsontleding. Die Balanse detail verslag-opsies sal vertoon word.
  2. Kies "Balanse".

  1. Selekteer die volgende opsies: 
    1. Datum van ontleding - Kies die datum; of sleutel die datum in.
    2. Dae uitstaande - Sleutel die aantal dae vir periode 1 in (byvoorbeeld "30").
    3. Aantal dae agterstallig - Sleutel die aantal dae vir periode 2 in (byvoorbeeld "30").
    4. Vanaf rekening ...Tot rekening  - Kies die rekening(e). 
    5. Volgorde - Kies "Krediteurkode" of "Beskrywing".
  1. Kliek Goed

Gedruk : Krediteur ouderdomsontleding - Balanse

'n Voorbeeld van die "Krediteur ouderdomsontleding - Balanse" verslag, is soos volg: