Grafiek - Debiteure per week
Vertoon die totale van fakture en debiettransaksies, kredietnotas en krediettransaksies van alle debiteure (kliënte / klante) per week in 'n staafgrafiek. Dit vertoon ook die totale van dié transaksies asook die uitstaande bedrag vir die geselekteerde periodes.
Grafiek - Debiteure per week opsies
Om 'n grafiek - Debiteure per week te druk
- Op die Verslae-duimgids, kies Gebruikerverslae → Grafieke → Grafieke per week → Debiteure.

- Per periode - Kies 'n periode. Jy kan ook op die Per datum(s)-oortjie kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies.
- Kliek Goed.
Gedruk : Grafiek - Debiteure per week
'n Voorbeeld van die gedrukte "Grafiek - Debiteure per week", is soos volg:

|
|
Die totale behoort met die Debiteure kontrolerekening se totale ooreen te stem, indien die periodes dieselfde is, en die openingsbalanse nie ingesluit is nie. |
Die besonderhede is soos volg:
- Vertikale as -
- Positiewe bedrae - Fakture, en ander debiettransaksies in joernale per week.
- Negatiewe bedrae - Kredietnotas betalings ontvang en krediettransaksies in joernale per week.
- Horisontale as - Die aantal weke in die kalender jaar (1 tot 52).
- Totale
- Fakture/Debiettransaksies - Die totale waarde van Aankope en debiettransaksies in joernale vir die geselekteerde periode.
- Ontvangstes/Kredietnotas/Krediettransaksies - Die totale waarde van Kredietnotas dokumente, betalings ontvang en krediettransaksies vir die geselekteerde periode.
- Uitstaande - Die bedrag uitstaande is die verskil tussen die debiet- krediettransaksies. In die geval van Debiteure, behoort dit 'n debiet bedrag te wees.
