Grafiek - Fakture per week
|
|
Die Grafiek-funksionaliteit vir elke dokumenttipe (d.w.s. Fakture) in Dokumente op die (Verstek-duimgids), stel jou in staat om jou fakture in 'n grafiek te filter, te ontleed en deur verskeie opsies in te sluit of uit te sluit in die grafiek, d.w.s.:
|
Die volgende twee (2) grafieke kan gekies word, om jou fakture vir 'n spesifieke periode te ontleed en te analiseer:
- Grafiek - Fakture per week - Hoeveelhede - Vertoon die aantal of hoeveelhede op jou fakture per week in 'n staafgrafiek.
- Grafiek - Fakture per week - Omset - Vertoon die totale bedrag (BTW-uitgesluit) op jou fakture per week in 'n staafgrafiek.
|
|
Hierdie grafiek sluit slegs fakture in wat geposteer (na die grootboek opgedateer) is in. Ongeposteerde fakture sal NIE by hierdie verslag ingesluit word nie. Om 'n lys van ongeposteerde dokumente te sien, wat nie na die grootboek opgedateer is nie, gaan na Invoer → Soek vir ongeposteerde items (Verstek-duimgids). |
Grafiek - Verkope per week opsies
Om 'n Grafiek vir jou fakture per week te druk:
- Op die Verslae-duimgids, kies Gebruikerverslae → Grafieke → Grafieke per week → Verkope → Fakture per periode.
- Die "Grafiek - Verkope per week - Hoeveelhede" is die verstek verslag. Jy kan ook die "Grafiek - Verkope per week - Bedrag" kies.

- Per periode - Kies 'n periode. Jy kan ook op die Per datum(s)-oortjie kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies.
- Kliek Goed.
Gedruk : Grafiek - Fakture per week - Hoeveelhede
'n Voorbeeld van die "Grafiek - Fakture per week - Hoeveelhede", is soos volg:

Die besonderhede, is soos volg:
- Vertikale as - Die totale hoeveelhede van items op fakture per week.
- Horisontale as - Die nommer van die week in die aantal weke in die kalender jaar (1 tot 52).
- Totale - Fakture - Die totale aantal eenhede van die fakture vir die geselekteerde periode.
Gedruk : Grafiek - Fakture per week - Bedrag
'n Voorbeeld van die "Grafiek - Fakture per week - Bedrag", is soos volg:

Die besonderhede, is soos volg:
- Vertikale as - Die totale bedrag (BTW uitgesluit) van die fakture per week.
- Horisontale as - Die nommer van die week in die aantal weke in die kalender jaar (1 tot 52).
- Totale - Fakture - Die totale bedrag (BTW uitgesluit) van die fakture vir die geselekteerde periode.

