Grafiek - Wins / Verlies per maand
Vertoon die netto wins en / of verlies per maand in 'n staafgrafiek.
Grafiek - Wins / Verlies per maand opsies
Om 'n Grafiek - Wins / Verlies per maand te druk:
- Op die Verslae-duimgids, kies Gebruikerverslae → Grafieke → Grafieke per maand → Grootboek.

- Per periode - Kies 'n periode. Jy kan ook op die Per datum(s)-oortjie kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies.
- Kliek Goed.
Gedruk : Grafiek - Wins / Verlies per maand
'n Voorbeeld van die gedrukte "Grafiek - Wins / Verlies per maand", is soos volg:

|
|
Die Netto Wins/Verlies behoort met die Proefbalans en Inkomstestaat se totale ooreen te stem, indien die periodes dieselfde is. |
Die besonderhede is soos volg:
- Vertikale as -
- Positiewe bedrae - Inkomste per maand.
- Negatiewe bedrae - Uitgawes per maand.
- Horisontale as - Die maand in die kalender jaar in die formaat "YYYYMM".
- Totale
- Inkomste - Die totale waarde van Aankope en debiettransaksies in joernale vir die geselekteerde periode.
- Uitgawes - Die totale waarde van Kredietnotas dokumente, betalings ontvang en krediettransaksies vir die geselekteerde periode.
- Netto Wins/Verlies - Die bedrag uitstaande is die verskil tussen die Inkomste en die Uitgawes. 'n Positiewe bedrag dui op 'n wins en 'n negatiewe bedrag dui op 'n verlies.
