Die Grafiek-funksionaliteit vir elke dokumenttipe (d.w.s. Bestellings) in Dokumente op die (Verstek-duimgids), stel jou in staat om jou bestellings in 'n grafiek te filter, te ontleed en deur verskeie opsies in te sluit of uit te sluit in die grafiek, d.w.s.: 

  • Dokumenttipes - Kies die Bestellings-dokumenttipe. 
  • Dokument status - Kies Alle, Geposteer, Ongeposteer of Bevestig.  
  • Filteropsies - Kies die verskillende opsies om data in of uit te sluit wat by die grafiek ingesluit moet word, ens.

Die volgende twee (2) grafieke kan gekies word, om jou bestellings vir 'n spesifieke periode te ontleed en te analiseer:

  • Grafiek - Bestellings per week - Hoeveelhede - Vertoon die aantal of hoeveelhede op jou bestellings per week in 'n staafgrafiek. 
  • Grafiek - Bestellings per week - Bedrag - Vertoon die totale bedrag (BTW-uitgesluit) op jou bestellings per week in 'n staafgrafiek. 

Hierdie grafiek sluit slegs bestellings in wat geposteer en bevestig is in. Onbevestigde bestellings sal NIE by hierdie verslag ingesluit word nie.

Grafiek - Bestellings per week opsies

Om 'n Grafiek vir jou bestellings per week te druk: 

  1. Op die Verslae-duimgids, kies Gebruikerverslae → Grafieke → Grafieke per week → Aankope → Bestellings per periode..
  2. Die "Grafiek - Bestellings per week - Hoeveelhede" is die verstek verslag. Jy kan ook die  "Grafiek - Bestellings per week - Bedrag" kies. 

  1. Per periode - Kies 'n periode. Jy kan ook op die Per datum(s)-oortjie kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies. 
  2. Kliek Goed

Gedruk : Grafiek - Bestellings per week - Hoeveelhede

'n Voorbeeld van die "Grafiek - Bestellings per week - Hoeveelhede", is soos volg:

Die besonderhede, is soos volg:

  1. Vertikale as - Die totale hoeveelhede van items op bestellings per week.   
  2. Horisontale as - Die nommer van die week in die aantal weke in die kalender jaar (1 tot 52). 
  3. Totale - Bestellings - Die totale aantal eenhede van die bestellings vir die geselekteerde periode.

Gedruk : Grafiek - Bestellings per week - Bedrag

'n Voorbeeld van die "Grafiek - Bestellings per week - Bedrag", is soos volg:

Die besonderhede, is soos volg:

  1. Vertikale as - Die totale bedrag (BTW uitgesluit) van die bestellings per week.   
  2. Horisontale as - Die nommer van die week in die aantal weke in die kalender jaar (1 tot 52).
  3. Totale - Bestellings - Die totale bedrag (BTW uitgesluit) van die bestellings vir die geselekteerde periode.