Grafiek - Kwotasies per week
|
|
Die Grafiek-funksionaliteit vir elke dokumenttipe (d.w.s. Kwotasies) in Dokumente op die (Verstek-duimgids), stel jou in staat om jou kwotasies in 'n grafiek te filter, te ontleed en deur verskeie opsies in te sluit of uit te sluit in die grafiek, d.w.s.:
|
Die volgende twee (2) grafieke kan gekies word, om jou kwotasies vir 'n spesifieke periode te ontleed en te analiseer:
- Grafiek - Kwotasies per week - Hoeveelhede - Vertoon die aantal of hoeveelhede op jy kwotasies per week in 'n staafgrafiek.
- Grafiek - Kwotasies per week - Bedrag - Vertoon die totale bedrag (BTW-uitgesluit) op jy kwotasies per week in 'n staafgrafiek.
|
|
Hierdie grafiek sluit slegs kwotasies in wat geposteer en bevestig is in. Onbevestigde kwotasies sal NIE by hierdie verslag ingesluit word nie. |
Grafiek - Kwotasies per week opsies
Om 'n Grafiek vir jou kwotasies per week te druk:
- Op die Verslae-duimgids, kies Gebruikerverslae → Grafieke → Grafieke per week → Verkope → Kwotasies per periode.
- Die "Grafiek - Kwotasies per week - Hoeveelhede" is die verstek verslag. Jy kan ook die "Grafiek - Kwotasies per week - Bedrag" kies.

- Per periode - Kies 'n periode. Jy kan ook op die Per datum(s)-oortjie kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies.
- Kliek Goed.
Gedruk : Grafiek - Kwotasies per week - Hoeveelhede
'n Voorbeeld van die "Grafiek - Kwotasies per week - Hoeveelhede", is soos volg:

Die besonderhede, is soos volg:
- Vertikale as - Die totale hoeveelhede van items op kwotasies per week.
- Horisontale as - Die nommer van die week in die aantal weke in die kalender jaar (1 tot 52).
- Totale - Kwotasies - Die totale aantal eenhede van die kwotasies vir die geselekteerde periode.
Gedruk : Grafiek - Kwotasies per week - Bedrag
'n Voorbeeld van die "Grafiek - Kwotasies per week - Bedrag", is soos volg:

Die besonderhede, is soos volg:
- Vertikale as - Die totale bedrag (BTW uitgesluit) van die kwotasies per week.
- Horisontale as - Die nommer van die week in die aantal weke in die kalender jaar (1 tot 52).
- Totale - Kwotasies - Die totale bedrag (BTW uitgesluit) van die kwotasies vir die geselekteerde periode.

