Grafiek - Aankope - Verskafferretoere per week
|
|
Die Grafiek-funksionaliteit vir elke dokumenttipe (d.w.s. Aankope en Verskafferretoere) in Dokumente op die (Verstek-duimgids), stel jou in staat om jou Aankope en Verskafferretoere in 'n grafiek te filter, te ontleed en deur verskeie opsies in te sluit of uit te sluit in die grafiek, d.w.s.:
|
Die volgende twee (2) grafieke kan gekies word, om jou verskafferretoere vir 'n spesifieke periode te ontleed en te analiseer:
- Grafiek - Aankope - Verskafferretoere per week - Hoeveelhede - Vertoon die aantal of hoeveelhede op jou aankope en verskafferretoere per week in 'n staafgrafiek.
- Grafiek - Aankope - Verskafferretoere per week - Bedrag - Vertoon die totale bedrag (BTW-uitgesluit) op jou aankope en verskafferretoere per week in 'n staafgrafiek.
|
|
Hierdie grafiek sluit slegs aankope en verskafferretoere in wat geposteer (na die grootboek opgedateer) is in. Ongeposteerde aankope en verskafferretoere sal NIE by hierdie verslag ingesluit word nie. Om 'n lys van ongeposteerde dokumente te sien, wat nie na die grootboek opgedateer is nie, gaan na Invoer → Soek vir ongeposteerde items (Verstek-duimgids). |
Grafiek - Aankope - Verskafferretoere per week opsies
Om 'n Grafiek vir jou aankope en verskafferretoere per week te druk:
- Op die Verslae-duimgids, kies Gebruikerverslae → Grafieke → Grafieke per week → Aankope → Aankope per periode..
- Die "Grafiek - Aankope - Verskafferretoere per week - Hoeveelhede" is die verstek verslag. Jy kan ook die "Grafiek - Aankope - Verskafferretoere per week - Bedrag" kies.

- Per periode - Kies 'n periode. Jy kan ook op die Per datum(s)-oortjie kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies.
- Kliek Goed.
Gedruk : Grafiek - Aankope - Verskafferretoere per week - Hoeveelhede
'n Voorbeeld van die "Grafiek - Aankope - Verskafferretoere per week - Hoeveelhede", is soos volg:

Die besonderhede, is soos volg:
- Vertikale as - Die totale hoeveelhede van items op aankope en verskafferretoere per week.
- Horisontale as - Die nommer van die week in die aantal weke in die kalender jaar (1 tot 52).
- Totale - Aankope - Verskafferretoere - Die totale aantal eenhede van die aankope en verskafferretoere vir die geselekteerde periode.
Gedruk : Grafiek - Aankope - Verskafferretoere per week - Bedrag
'n Voorbeeld van die "Grafiek - Aankope - Verskafferretoere per week - Bedrag", is soos volg:

Die besonderhede, is soos volg:
- Vertikale as - Die totale bedrag (BTW uitgesluit) van die aankope en verskafferretoere per week.
- Horisontale as - Die nommer van die week in die aantal weke in die kalender jaar (1 tot 52).
- Totale - Aankope - Verskafferretoere - Die totale bedrag (BTW uitgesluit) van die verskafferretoere vir die geselekteerde periode.

