Grafiek - Bestellings per maand
|
|
Die Grafiek-funksionaliteit vir elke dokumenttipe (d.w.s. Bestellings) in Dokumente op die (Verstek-duimgids), stel jou in staat om jou bestellings in 'n grafiek te filter, te ontleed en deur verskeie opsies in te sluit of uit te sluit in die grafiek, d.w.s.:
|
Die volgende twee (2) grafieke kan gekies word, om jou bestellings vir 'n spesifieke periode te ontleed en te analiseer:
- Grafiek - Bestellings per maand - Hoeveelhede - Vertoon die aantal of hoeveelhede op jou bestellings per maand in 'n staafgrafiek.
- Grafiek - Bestellings per maand - Bedrag - Vertoon die totale bedrag (BTW-uitgesluit) op jou bestellings per maand in 'n staafgrafiek.
|
|
Hierdie grafiek sluit slegs bestellings in wat geposteer en bevestig is in. Onbevestigde bestellings sal NIE by hierdie verslag ingesluit word nie. |
Grafiek - Bestellings per maand opsies
Om 'n Grafiek vir jou bestellings per maand te druk:
- Op die Verslae-duimgids, kies Gebruikerverslae → Grafieke → Grafieke per maand → Aankope → Bestellings per periode..
- Die "Grafiek - Bestellings per maand - Bedrag" is die verstek verslag. Jy kan ook die "Grafiek - Bestellings per maand - Hoeveelhede" kies.

- Per periode - Kies 'n periode. Jy kan ook op die Per datum(s)-oortjie kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies.
- Kliek Goed.
Gedruk : Grafiek - Bestellings per maand - Bedrag
'n Voorbeeld van die "Grafiek - Bestellings per maand - Bedrag", is soos volg:

Die besonderhede, is soos volg:
- Vertikale as - Die totale bedrag (BTW uitgesluit) van die bestellings per maand.
- Horisontale as - Die maand in die kalender jaar in die formaat "YYYYMM".
- Totale - Bestellings - Die totale bedrag (BTW uitgesluit) van die bestellings vir die geselekteerde periode.
Gedruk : Grafiek - Bestellings per maand - Hoeveelhede
'n Voorbeeld van die "Grafiek - Bestellings per maand - Hoeveelhede", is soos volg:

Die besonderhede, is soos volg:
- Vertikale as - Die totale hoeveelhede van items op bestellings per maand.
- Horisontale as - Die maand in die kalender jaar in die formaat "YYYYMM".
- Totale - Bestellings - Die totale aantal eenhede van die bestellings vir die geselekteerde periode.

