Krediteure ouderdomsontleding - Balanse detail
Die krediteure ouderdomsontleding verslae kan jy op 'n gereëlde basis in gespesifiseerde periodes byvoorbeeld, 30, 60, 90 dae, ens. evalueer en ontleed. Die verslae is belangrik om jou kontantvloei te bestuur. Die ouderdomsontleding kan jou help om jou betalings aan krediteure (verskaffers) te skeduleer en om 'n gesonde verhouding met jou krediteure te handhaaf deur hulle betyds te betaal.
Die volgende ouderdomsontleding verslae is beskikbaar:
- Balanse detail - Dié verslag sal alle geposteerde debiet- en krediettransaksies (ongeag of Oopitem transaksies (Krediettransaksies wat aan Debiettransaksies gekoppel is, of nie)), lys.
- Balanse detail geskiedenis (oopitem) - Die verslag is basies soortgelyk as die “Balanse detail” verslag. Alle uitstaande debiet- en krediettransaksies word gelys. Die uitstaande bedrae wat ook ten volle opbetaald is, sal ook gelys word as ‘n nul (“0,00”) bedrag in die uitstaande kolom.
|
|
Hierdie verslag sluit slegs joernale en dokumente in wat geposteer (na die grootboek opgedateer) is in. Ongeposteerde joernale en dokumente sal NIE by hierdie verslag ingesluit word nie. Om 'n lys van ongeposteerde joernale en dokumente te sien, wat nie na die grootboek opgedateer is nie, gaan na Invoer → Soek vir ongeposteerde items (Verstek-duimgids). |
Krediteur ouderdomsontleding - Balanse detail opsies
Om 'n Ouderdomsontleding verslag - Balanse detail vir krediteure te druk:
- Op die Verslae-duimgids, kies Gebruikerverslae → Krediteure → Ouderdomsontleding. Die Balanse detail verslagopsies sal vertoon word:

- Selekteer die volgende opsies:
- Datum van ontleding - Kies die datum; of sleutel die datum in.
- Dae uitstaande - Sleutel die aantal dae vir periode 1 in (byvoorbeeld "30").
- Aantal dae agterstallig - Sleutel die aantal dae vir periode 2 in (byvoorbeeld "30").
- Vanaf rekening ...Tot rekening - Kies die rekening(e).
- Volgorde - Kies "Krediteurkode" of "Beskrywing".
- Wys transaksies - Indien hierdie opsie nie gekies is nie, sal slegs die balanse vertoon word. Indien dié opsie gekies is, sal die transaksies gedruk word.
- Vertoon kontakbesonderhede - Indien hierdie opsie nie gekies is nie, sal slegs die transaksies vertoon word. Om die kontakbesonderhede van elke krediteur (verskaffer) se rekening te druk, merk hierdie opsie.
- Nuwe bladsy per rekening - Indien hierdie opsie gekies is, sal elke rekening op 'n nuwe bladsy gedruk word. Indien jy die "Vertoon kontakbesonderhede" opsie gekies het, is dit raadsaam om die hierdie opsie ook te kies.
- Kliek Goed.
Gedruk : Krediteur ouderdomsontleding - Balanse detail
'n Voorbeeld van die "Krediteur ouderdomsontleding - Balanse detail" ("Wys transaksies" opsie nie gekies nie) verslag, is soos volg:

Gedruk : Krediteur ouderdomsontleding - Balanse detail - Kontak detail
'n Voorbeeld van die "Krediteur ouderdomsontleding - Balanse detail" ("Wys transaksies" en "Vertoon kontakbesonderhede" opsies gekies) verslag, is soos volg:

|
|
Kontak : Die naam van die kontakpersoon sal slegs vertoon word, indien die kontak in die Kontakpersoon-veld van die krediteur se rekening gekoppel (gekies) is. |

