Grafiek - Fakture per maand
|
|
Die Grafiek-funksionaliteit vir elke dokumenttipe (d.w.s. Fakture) in Dokumente op die (Verstek-duimgids), stel jou in staat om jou fakture in 'n grafiek te filter, te ontleed en deur verskeie opsies in te sluit of uit te sluit in die grafiek, d.w.s.:
|
Die volgende twee (2) grafieke kan gekies word, om jou fakture vir 'n spesifieke periode te ontleed en te analiseer:
- Grafiek - Fakture per maand - Hoeveelhede - Vertoon die aantal of hoeveelhede op jou fakture per maand in 'n staafgrafiek.
- Grafiek - Fakture per maand - Bedrag - Vertoon die totale bedrag (BTW-uitgesluit) op jou fakture per maand in 'n staafgrafiek.
|
|
Hierdie grafiek sluit slegs fakture in wat geposteer (na die grootboek opgedateer) is in. Ongeposteerde fakture sal NIE by hierdie verslag ingesluit word nie. Om 'n lys van ongeposteerde dokumente te sien, wat nie na die grootboek opgedateer is nie, gaan na Invoer → Soek vir ongeposteerde items (Verstek-duimgids). |
Grafiek - Fakture per maand opsies
Om 'n Grafiek vir jou fakture per maand te druk:
- Op die Verslae-duimgids, kies Gebruikerverslae → Grafieke → Grafieke per maand → Verkope → Fakture per periode.
- Die "Grafiek - Fakture per maand - Hoeveelhede" is die verstek verslag. Jy kan ook die "Grafiek - Fakture per maand - Bedrag" kies.

- Per periode - Kies 'n periode. Jy kan ook op die Per datum(s)-oortjie kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies.
- Kliek Goed.
Gedruk : Grafiek - Fakture per maand - Hoeveelhede
'n Voorbeeld van die "Grafiek - Fakture per maand - Hoeveelhede", is soos volg:

Die besonderhede, is soos volg:
- Vertikale as - Die totale hoeveelhede van items op fakture per maand.
- Horisontale as - Die maand in die kalender jaar in die formaat "YYYYMM".
- Totale - Fakture - Die totale aantal eenhede van die fakture vir die geselekteerde periode.
Gedruk : Grafiek - Fakture per maand - Bedrag
'n Voorbeeld van die "Grafiek - Fakture per maand - Bedrag", is soos volg:

Die besonderhede, is soos volg:
- Vertikale as - Die totale bedrag (BTW uitgesluit) van die fakture per maand.
- Horisontale as - Die maand in die kalender jaar in die formaat "YYYYMM".
- Totale - Fakture - Die totale bedrag (BTW uitgesluit) van die fakture vir die geselekteerde periode.

