Die Verslagontwerper omslae en lêer-struktuur

Alle verslae en dokument uitleglêers word in die “...\plug_ins\reports” omslag van jou osFinancials5 installasie omslag gestoor.

Om toegang tot die Verslagontwerper te inisieer:

Op die Verslae-duimgids, kies Verslagontwerper. Die "Report man"-skerm sal al die beskikbare dokument uitleglêers en verslae in hul onderskeie omslae lys, en is soos volg:

  1. DOCUMENTS - Alle uitleglêers om dokumente te druk, word in die  “...\plug_ins\reports\DOCUMENTS\DOCUMENTS\” omslag gestoor.
  2. Verslae-kieslys (Verslae-duimgids) - Hierdie verslae word in die "...\plug_ins\reports\systemreports" omslag gestoor.
  3. Gebruikerverslae-kieslys (Verslae-duimgids) - Hierdie verslae word in die “...\plug_ins\reports\userreports” omslag gestoor. Gebruikers kan hul eie verslae skep en / of redigeer en dit in dié omslag stoor.
  4. Sigblad verslae-kieslys (Verslae-duimgids) - Hierdie verslae word in die "...\plug_ins\reports\excelreports” omslag gestoor.
  5. Grootboekontleder en T-Rekeninge (Verslae-duimgids) - Sewe (7) verslae  word in die  “...\plug_ins\reports\GENERAL\ledgerview” omslag gestoor. Dié verslae is, soos volg:
    1. budgetvsactsimple - Begroting vs werklike en Huidige jaar vs vorige jaar verslae.  
    2. colbal – Nie in gebruik nie.
    3. colbalopen - Nie in gebruik nie. 
    4. colbalopenonly - Nie in gebruik nie.
    5. colbalsimple - Standaard kolombalanse verslag.
    6. detail - Proefbalans, Inkomstestaat en Balansstaat, Begrotinglys.
    7. ledgerdetailDruk-knoppie op die T-Rekeninge.
  1. Verslae wat op ander funksies gedruk word - Dié verslae word in die "...\plug_ins\reports\GENERAL\documents" omslag gestoor. Dié verslae is: 
    1. Joernale (F2) (Verstek-duimgids) -
      1. abbreviations – Definieer afkortings soos in die F9:Prosesseer gedefinieer en / of geredigeer word. Indien jy op die Druk lys-knoppie van die “Stel 'n afkorting”-skerm kliek, sal 'n lys van die afkortings in die “Definieer afkortings” gedruk word. Die afkortings wat op dié verslag gelys is, kan gebruik word om outomaties die beskrywing reëls in joernale en dokumente te voltooi.  
      2. batch – Terwyl jy besig is om joernale te prosesseer, en op die F8:Lys van die Joernaalinvoer-skerm, kliek sal dit alle transaksies in die ongeposteerde joernaal druk.
      3. postedbatch - Die “Joernaaltipe verslag: Geposteerde Joernaal” verslag word gedruk wanneer jy op die Druk knoppie van die Detail-oortjie van die Geposteerde joernale-oortjie in die (Joernale (Verstek-duimgids)) kliek. Dit sal dit alle transaksies van 'n geselekteerde geposteerde joernaal druk.
      4. paycreditor - Druk die "Outomatiese betalings"-verslag wanneer jy op die Druk knoppie van die “Outomatiese betalings” opsie in die “Prosesseer joernaal” (F9:Prosesseer) kliek. 
      5. paydebtor - Druk die "Outomatiese ontvangste"-verslag wanneer jy op die Druk knoppie van die “Outomatiese ontvangstes” opsie in die “Prosesseer joernaal” (F9:Prosesseer) kliek.
      6. receipt - Druk 'n kwitansie indien die “Skep kwitansies” opsie in die “Prosesseer joernaal” (F9:Prosesseer) van 'n ontvangste-joernaal gekies is, en die “Druk uit” opsie gemerk is.
      7. recon - Druk die Bankrekonsiliasie-verslag wanneer jy op die Verslag-ikoon van die “Rekonsilieer bankrekening” skerm kliek (Kontant/Bank (Verstek-duimgids)).
    1. Dokumente (Dokumente (F6) (Verstek-duimgids)) konteks-kieslys:
      1. barcodes - Kits-skakel om die strepieskodes van voorraaditems wat in dokumente gekies was, te druk.
      2. labels - Kits-skakel om etikette vir die posadresse van debiteure wat op verkoopsdokumente (d.i. fakture, kwotasies en kredietnotas) of krediteure wat op aankoopdokumente (d.i. aankope, bestellings en verskafferretoere) gekies was.
      3. labelsdelivery - Nie geïmplementeer nie. Dit is soortgelyk aan die "labels" verslag, maar behoort afleweringsadresse in plaas van posadresse druk.
    1. Punt-van-verkope (Standaard) - Invoer → PVV-fakture (Ctrl + F6) op die Verstek-duimgids:
      1. oldpossales - Dié verkope verslag druk vanaf die Prosesseer - Verslae of Opkas opsie van die “PVV Fakture” skerm. 
      2. oldposcashup - Dié opkas verslag druk vanaf die Prosesseer - Verslae of Opkas opsie van die “PVV Fakture” skerm.
    1. Ander:
      1. datacheck - Druk die Data integriteitstoets verslag (Gereedskap → Data integriteitstoets (Opstel-duimgids)). 
      2. groups - Druk lyste vir alle groepe (d.i. Rekeninggroep 1 / 2, Debiteurgroep 1 / 2, Krediteurgroep 1 / 2, Voorraadgroep 1 / 2, Dokumentgroep 1 / 2, ens. wanneer daar op die Druk knoppie van die Opstel → Groepe skerm (Opstel-duimgids) gekliek word. 
      3. payments - Druk die “Kwitansie / Betalings” verslag wanneer die “Ontvang betalings” konteks-kieslys opsie gekies word (en die “Druk kwitansie” opsie gemerk is).  Dié opsie kan vanaf die Transaksies-oortjie, sowel as die “Oopitem koppel” skerm (Verstek-duimgids) vir 'n geselekteerde debiteur (kliënt / klant) of krediteur (verskaffer) geïnisieer word.
      4. UserlogDruk die “Log verslag” wanneer op die “Log report” knoppie in Opstel → Toegangsbeheer (Opstel-duimgids) kliek (wanneer gebruikers opgestel is).
  1. REPORTS:
    1. CREDITOR - (Krediteure (F5) (Verstek-duimgids)) - Kits-skakel op die konteks-kieslys om 'n “Etiket vir die geselekteerde krediteur se posadres” of 'n “Etiket vir die geselekteerde krediteur se afleweringsadres” te druk.  
    2. DEBTOR - (Debiteure (F4) (Verstek-duimgids)) - Kits-skakel op die konteks-kieslys om 'n “Etiket vir die geselekteerde debiteur se posadres” of 'n “Etiket vir die geselekteerde debiteur se afleweringsadres” te druk.
    3. STOCK - (Voorraaditems (F12) (Verstek-duimgids)) - Kits-skakel op die konteks-kieslys om die “Strepieskode” of “Yagoda Strepieskode” van geselekteerde voorraaditems te druk. 
    4. PROJECTS - Projekte indien dit (Opstel → Groepe - Projek (Status) geskep en geaktiveer is. Nadat transaksies vir projekte geposteer is, kan verslae wat in die omslag gestoor is (d.i. Transaksies, Ure, Voorraaditems, State en die Totaal verslae) gedruk word.
    5. HORECAPOS - Dié omslag bevat die verslae vir die “HORECAPOS” en “RETAILPOS” inprop-programme.
    6. SUBSCRIPT - Dié “Subscriptions” omslag - bevat die verslae, e-pos sjablone “emailtemplates”, uitlegte en Sql vir die “Subscriptions” inprop-program.
    7. REPORTS - Die omslag bevat “BATCHREPORT, CONTACTS, COSTCENTER, GL” en “TAX” omslae wat nie in osFinancials5 gebruik word nie. 
  1. Omslae en verslae vir inprop-programme 
    1. EmailInvoice en debcred omslae word vir die “E-MailPro” inprop-program gebruik.
    2. parcel - Nie geïmplementeer nie. 
    3. remittance - Dié omslag bevat die verslae, e-pos sjablone (“emailtemplates”) en uitlegte vir die “Aanmanings” inprop-program. 
    4. Subscriptions - Dié omslag bevat die verslae, e-pos sjablone (“emailtemplates”), uitlegte en Sql vir die “Subscriptions” inprop-program.