Dokument uitleglêers
Kies uitleglêers
Die uitleglêers wat vir elke dokumenttipe gekies is op die Opstel → Opstel dokumente (Opstel-duimgids) is die globale verstek-uitleglêers wat gebruik sal word om dokumente te druk.
Jy kan ook spesifieke uitleglêers kies op die Verstek-duimgids word vir:
- Debiteure - Afleweringsadres-oortjie - Jy kan vir elke debiteur (kliënt / klant) rekening 'n ander uitleglêer in die Uitleglêer 1 (Fakture), Uitleglêer 2 (Kredietnotas), Uitleglêer 3 (Kwotasies) kies.
- Krediteure - Afleweringsadres-oortjie - Jy kan vir elke krediteur (verskaffer) rekening 'n ander uitleglêer in die Uitleglêer 1 (Aankope), Uitleglêer 2 (Verskafferretoere), Uitleglêer 3 (Bestellings) kies.
|
|
Indien geen uitleglêer vir debiteure (kliënte / klante) of krediteure (verskaffers) nie sal die globale dokument uitleglêers soos in Opstel → Opstel dokumente (Opstel-duimgids) gekies is, gebruik word. |

Benewens hierdie instellings, kan jy ook 'n ander dokument uitleglêer kies wanneer jy dokumente druk in die "Uitleglêer"-velde van die volgende opsies (Verstek-duimgids):
- Dokumente -Dokumentinvoer-seleksie skerm (Druk-knoppie) - Jy kan tot vier (4) uitleglêers kies. As jy 'n uitleglêer vir Uitleglêer 2, Uitleglêer 2 en / of Uitleglêer 4 gekies het, en jy wil nie meer dié uilglêers druk nie, kan jy die blanko opsie kies.
In in Opstel → Opstel dokumente (Opstel-duimgids) kan jy tot 2 uitleglêers kies vir elke dokumenttipe vir verkoopsdokumente (d.w.s. Kwotasies, Fakture en Kredietnotas) ondersteun; sowel as aankoopdokumente (d.w.s. Bestellings, Aankope en Verskafferretoere) kies. Die eerste uitleglêer vir elke dokumenttipe is noodsaaklik (globale-instelling) en sal as die verstek-opsie dien om dokument uitleglêers te druk (byvoorbeeld as "Verstek" in die "Uitleglêer"-veld vir Dokumente gekies is.
|
|
Uitleglêers word in die "...\plug_ins\reports\DOCUMENTS\DOCUMENTS"-gids gestoor. Jy kan enige van die uitleglêers kopieer om uitleglêers vir jou besondere voorkeure en behoeftes in die Verslagontwerper (Opstel-duimgids) aan te pas. |
Uitleglêers is ontwerp om in die Taallêer vertoon te word ("Switch language"-opsie op die Begin-duimgids). As jy die taal verander, sal die uitleglêer in die geselekteerde taal vertoon word.
|
|
Indien die korrekte belastingterminologie (bv. Verkoopsbelasting, BTW, AVB, ens.) nie op uitleglêers vertoon word nie, moet jy die korrekte taal-lêer kies. |
Voorbeelde van beskikbare dokument uitleglêers
Om te help met die keuse van 'n uitleglêer vir jou eie behoeftes, kan jy 'n paar skerm-beelde van dokument uitleglêers bekyk:
- Voorbeelde van beskikbare dokument uitleglêers - vertaalbaar.
- Voorbeeld van beskikbare uitleglêers - Slegs in Nederlandse taal.
|
|
Jy kan gerus enige van die uitleglêers kopieer om uitleglêers vir jou besondere voorkeure en behoeftes in die Verslagontwerper (Opstel-duimgids) aan te pas. |
Tutorial-Invoice
Hierdie "Tutorial-Invoice" kan gebruik word om jou eie faktuur vir beginners aan te pas in die Verslagontwerper.
Die "Tutorial-Invoice" is eenvoudig gehou en is nie vertaalbaar d.m.v. die taal-lêers nie.
'n Voorbeeld van die "Tutorial-Invoice" -uitleglêer is soos volg:


