Druk etikette – Druk etikette geselekteerde dokument(e). 

  • In die geval van fakture, kredietnotas en kwotasies sal etikette vir debiteure (kliënte / klante) se posadresse gedruk word. 
  • In die geval van aankope, verskafferretoere en bestellings, sal etikette vir krediteure (verskaffers) se posadresse gedruk word.

Jy kan ook die Posadresetikette of Afleweringsadresetikette vir debiteure (kliënte / klante) druk vanaf die Verslae → Debiteure → Druk etikette-kieslys op die Verslae-duimgids. 

Jy kan ook die Posadresetikette of Afleweringsadresetikette vir krediteure (verskaffers) druk vanaf die Verslae → Krediteure → Druk etikette-kieslys op die Verslae-duimgids.

Om Etikette vir geselekteerde dokumente te druk: 

  1. Kies die tipe dokument (d.i. Verkoopsdokumente (Fakture, Kredietnotas of Kwotasies) of Aankoopdokumente (Aankope of Verskafferretoere of Bestellings)).
  2. Kies die dokument of dokumente.

Om meer as een dokument te kies, druk die Ctrl of Shift-sleutel en kliek op die dokumente wat jy wil kies.

  1. Regs-kliek en kies Dokumente 
  2. Kies Druk → Etikette opsie op die konteks-kieslys.