Die bankrekonsiliasie verslag lys alle uitstaande transaksies (betalings en ontvangstes) wat uitstaande is. Enige verskille of ontbrekende transaksies op die bankrekonsiliasie verslag, moet reggestel word.  

Om 'n bankrekonsiliasie verslag te genereer:

  1. Op die “Bankrekonsiliasie verslagopsies” skerm, kliek Verslag.

Al die data van die bankrekening, datums, bankbalans, ens., behoort steeds dieselfde te wees as voordat jy die “Rekonsilieer bankrekening” skerm verlaat het. 

  1. Kliek op Maak oop. Die volgende skerm sal vertoon word:  

Jy kan kies om dié verslag direk in die PDF (“Portable Document Format”) te druk.

  1. Kliek Goed

Die bankrekonsiliasie verslag behoort soos volg te vertoon:

osFinancials sal enige ongerekonsilieerde betalings aftrek van die bankbalans en enige ongerekonsilieerde ontvangstes by die bankbalans tel. Dit sal die gerekonsilieerde balans vertoon en moet met die bankstaat se sluitingsbalans ooreenstem. Die verskil moet “0,00” vertoon.        

Indien daar ‘n verskil in die gerekonsilieerde balans en die balans volgens osFinancials is, het jy moontlik ‘n fout in jou Betalings- of Ontvangstejoernaal. Jy sal nou die fout moet soek en dit regstel.